Covid-19 eis nog vyf
Henriette Lamprecht - Covid-19-verwante sterftes in die land het met nog vyf gestyg.
Volgens die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, is twee sterftes op onderskeidelik Walvisbaai en Swakopmund en een in Windhoek aangemeld.
Die sterftes op Walvisbaai is 'n 67-jarige vrou en 'n 87-jarige man wat albei onderliggende mediese toestande gehad het. Die twee sterftes op Swakopmund is twee mans van onderskeidelik 49 en 62 jaar. Beide het onderliggende mediese toestande gehad. Die sterfte in Windhoek is 'n 66-jarige man wat in 'n ernstige toestand in 'n hospitaal in die hoofstad opgeneem is.
Dit bring die totale aantal Covid-19-verwante sterftes vir die land op 27 te staan.
Shangula het ook 138 nuwe gevalle aangekondig. Hiervan is 71 mans en 67 vroue. Die jongste geval is twee maande oud en die oudste 78 jaar oud. Uit die 138 nuwe gevalle is 44 op Walvisbaai, 15 op Swakopmund, een op Usakos, 64 in Windhoek, drie op onderskeidelik Oshakati en Keetmanshoop, terwyl die res op dorpe soos Mariental, Rehoboth, Okahandja, Otjiwarongo, Oshikoko en Onandjokwe aangemeld is.
Volgens Shangula het nog 13 mense ten volle herstel, wat die totaal op 848 te staan bring. Die land het tans 2 669 aktiewe gevalle, terwyl 37 797 weefselmonsters tot op hede getoets is. Tans is 1 644 mense in kwarantyngeriewe oraloor die land en 4 167 kontakte word gemonitor. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie