Covid-19 eis nog vier lewens
Covid-19 eis nog vier lewens

Covid-19 eis nog vier lewens

Ronelle Rademeyer
Nog vier mense het weens Covid-19 gesterf, wat die dodetal op 222 te staan bring, sê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste in sy daaglikse verslag.
Twee mans (77 en 35 jaar) in Windhoek, ’n 62-jarige man op Walvisbaai en ’n 63-jarige man op Katima Mulilo is dood.
Verder het die getal positiewe gevalle met 501 gestyg, met 153 van die mense wat positief getoets in Windhoek woonagtig.
Dit sluit ook 17 mense in wat by Namdeb op Oranjemund werk, en nege mense wat in tronke of polisieselle aangehou word.
Verder is daar nou 268 mense in hospitale - 13 meer as gister. Van hulle word 119 in Windhoek gehospitaliseer. Altesaam 36 mense se toestand is kritiek.
Die getal aktiewe gevalle in die land staan op 3 885.

Kommentaar

Republikein 2025-12-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer