Covid-19 eis Namibiese lewe
Covid-19 eis Namibiese lewe

Covid-19 eis Namibiese lewe

Augetto Graig



Augetto Graig - Een Namibiër is Saterdag weens Covid-19 in die Verenigde Koninkryk oorlede.

Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, wat ook Namibië se adjunkpremier is, het dié verwikkeling Sondagoggend bevestig.

Sy sê Namibië se hoë kommissariaat in dié land het navraag gedoen nadat die regering deur plaaslike media genader is, en het bevestig ’n Namibiese gesin wat permanent daar woon, is met Covid-19 geïnfekteer van wie een familielid oorlede is.

Volgens Nandi-Ndaitwah sal verdere besonderhede deur die familie bekendgemaak word, mits hulle so goeddink.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer