Covid-19: Een jaar later
Covid-19: Een jaar later

Covid-19: Een jaar later

Dani Booysen
Vanmiddag is gister se uitslae aangekondig - die prentjie een jaar sedert die eerste twee gevalle van Covid-19 in Namibië bevestig is, is die prentjie dus nou volledig.
Die Swakopmund-distrik, wat Arandis en Hentiesbaai insluit, het nou meer as 2 100 gevalle sedert die begin van die pandemie aangeteken.
Van die 1 849 gevalle wat onder gesondheidswerkers aangeteken is, is 70% (1 290) sedert 1 Desember 2020 aangeteken.
Danksy 'n klomp positiewe gevalle wat virusvry of nie-aansteeklik verklaar is, het die Omahekestreek se herstelsyfer na 96% opgeskiet.
Die streke met die laagste herstelkoerse, is Zambezi (49% van gevalle, of te wel 304, word steeds as aktief beskou), Kavango-Oos (80%, 303) en Ohangwena (80%, 182).
Aktiewe gevalle in ander streke: Khomas 440, Oshana 237, Otjozondjupa 224, Oshikoto 112, Erongo 175, //Kharas 85, Hardap 78, Omusati 73, Omaheke 28, Kunene 14, Kavango-Wes 9

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer