Covid-19 briek Afri-CAN-ontmoeting in Windhoek
‘n Vergadering tussen plaaslike en buitelandse medici en epidemioloë wat vir volgende week in Windhoek beplan is, is weens die globale uitbreking van Covid-19 tot ten minste November vanjaar uitgestel.
Die besluit is gesamentlik geneem deur die bestuurspanne van die Halle Universiteit in Duitsland, die Kankerregisternetwerk vir Afrika en die plaaslike nasionale kankerregister wat deur die Kankervereniging van Namibië (CAN) bestuur word.
Volgens CAN se uitvoerende hoof mnr. Rolf Hansen is die gesondheid en veiligheid van Namibiërs en die meer as 100 afgevaardigdes wat vir die weeklange ontmoeting na Namibië sou reis uiters belangrik.
“Ons sien daarna uit om in November 2020 gasheer vir die ontmoeting te kan speel wat die weg sal baan vir beter kankersorg vir Namibië en ook Afrika,” het Hansen gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie