136 nuwe gevalle, 8 sterftes
Die ministerie van die gesondheid en maatskaplike dienste het vandag 136 nuwe Covid-19-gevalle en agt sterftes aangekondig.
Vier uit die agt sterfgevalle is in die Engela-distrik en die ander vier is onderskeidelik een elk in Windhoek, op Swakopmund, Rehoboth en Nankudu.
Uit die 1 129 resultate wat ontvang is, het 89 mans en 47 vroue positief vir Covid-19 getoets. Die ouderdomme is tussen drie tot 82 jaar oud.
Die meeste positiewe gevalle is in die Khomasstreek (55), gevolg deur die streke van Erongo (22) en Otjozondjupa (14).
Altesaam 643 mense het herstel met die herstelkoers wat op 95% staan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie