Covax sê oor entstofpaspoort
Henriette Lamprecht – Alle persone wat ten volle ingeënt is met Covid-entstowwe wat as veilig en doeltreffend erken word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en/of die elf regulerende owerhede wat vir dié entstowwe goedgekeur is, moet toegelaat om te kan reis en geleenthede buite hul landsgrense by te woon.
Covax sê by monde van ’n verklaring enige maatreël wat net mense toelaat om te reis indien hulle beskerm is deur een van die WHO se goedgekeurde entstowwe en voordeel trek uit die heropening van reis binne en buite die betrokke streek, sal in effek ’n tweevlakstelsel skep en verder die “globale entstofverdeling” verdiep.
“Dit sal die ongelykhede wat ons reeds sien in die verspreiding van Covid-entstowwe verder verhoog,” lui die verklaring.
Dit sal ook die groei negatief beïnvloed van ekonomieë wat reeds aan die kortste end trek en die meeste ly.
“Sulke optrede ondermyn die vertroue in lewensreddende entstowwe wat reeds gewys het dit is veilig en doeltreffend en beïnvloed die opname van entstowwe en het die potensiaal om miljarde mense se lewens in gevaar te stel.”
Die verklaring sê die wêreld wil handel, nywerheid en reise hervat, maar ongelykhede is teenproduktief, beide in gees en in uitkoms.
Covax is ook gebou op die beginsel van gelyke toegang tot Covid-entstowwe om die gesondheid van alle mense oraloor in die wêreld te beskerm.
“Dit beteken die beskerming van hul lewens en welstand, ingesluit om te kan reis en handel te dryf.”
In die lig van reise en ander moontlikhede wat besig is om in sommige dele van die wêreld te heropen, het Covax ’n beroep op alle streeks-, nasionale en plaaslike regeringsowerhede gedoen om in gelyke maat aan alle lande toegang te gee.
Covax het lande geloof wat reeds toewyding tot gelykheid sowel as veiligheid ondersteun het deur reisigers toe te laat wat beskerm word deur alle entstowwe onderskryf deur die WHO se lys vir noodgebruik (EUL) en of die 11 regulerende owerhede (SRA’s).
“Ons doen ’n beroep op alle ander nasies en streke om dieselfde te doen.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie