Cota-klasse hervat Maandag
Die ministerie en studente het 'n ooreenkoms bereik.
Yochanaan Coetzee
Alle klasse by die College of the Arts (Cota) sal van Maandag 19 Junie af weer hervat word.
Dít nadat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en die bestuur en leerlingraad van Cota en die Namibiese Nasionale Studente-organisasie (Nanso) gisteroggend 'n ooreenkoms bereik het.
Betogende studente het gedreig om gisteraand by die ministerie-gebou deur te bring.
Mediastudente en ondersteuners van ander opleidingsinstansies het Dinsdag met 'n protesoptog na Windhoek se regeringskantore begin omdat hul eerste- en tweedejaarsklasse weens 'n geldtekort gestaak is.
“Omdat volhoubare oplossings vir die tekort gevind is, sal alle klasse by Cota Maandag hervat word. Die ministerie het die proses om die probleme, wat uit historiese en finansiële struikelblokke ontstaan het, versnel,” het me. Sanet Steenkamp, permanente sekretaris van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, in 'n verklaring wat gister uitgereik is, gesê.
“Die ministerie sal ook aandag skenk aan die kwessie van materiaal wat vereis word vir hierdie kursusse en het voorstelle gemaak oor die moontlikheid dat Cota by die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing ingelyf word,” sê die verklaring.
“Ons is verheug dat daar aan ons hoofvereistes voldoen is. Dit was 'n baie stresvolle week, maar ons is tevrede daarmee dat ons klasse kan voortgaan. Daar is egter steeds kwessies wat ons met die owerhede wil uitklaar,” het mnr. Steve Angula, Cota-studenteleier, gister gesê.
“Intussen is ons baie trots daarop dat ons vir ons regte baklei het en dat die jeug se stemme gehoor is,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie