Cosafa: Namibië se o.20’s só gegroepeer
Sokker
Die Namibiese Sokkervereniging (NFA) het sy kaarte naby die bors gehou in reaksie op die Konfederasie van Sokkerverenigings in Suider-Afrika (Cosafa) se loting vir die komende o o.20-manstoernooi.
Ondanks die feit dat Namibië in die onlangse verlede meestal sy geldtekorte voorgehou het wanneer hy sy junior mans- en vrouespanne aan Cosafa-toernooie onttrek het, het Cosafa by Maandag se loting die land by die o.20-manstoernooi bygereken.
By navraag het die NFA se woordvoerder, Dan Kamati, gesê die beheerliggaam sal Woensdag ’n nuuskonferensie hou om sy reaksie op die loting te “onthul”.
Die NFA is onlangs skerp gekritiseer deur die nasionale vrouespan se kaptein, Zenatha Coleman, nadat Namibië se Brave Gladiators en die junior vrouespan vanweë die geldtekort aan deelname in die Cosafa-toernooi weerhou is.
Coleman het aangevoer dat die NFA die vrouespan nie naastenby op dieselfde voet as die manspanne hanteer nie. Die Brave Warriors is byvoorbeeld in ’n bio-borrel geplaas om hul voorbereiding en reis na Suid-Afrika vir ’n vriendskaplike wedstryd teen Bafana Bafana moontlik te maak. Coleman het die NFA ook kwalik geneem dat hy die vrouespelers die bron van inkomste waarop hulle staatmaak, ontneem het.
Vir die o.20 manstoernooi wat van 3 tot 13 Desember in Port Elizabeth aangebied word, is Namibië saam met die verdedigende kampioenspan Zambië, asook Malawi en Comores gegroepeer.
Net die topspan in elke groep, en die enkele beste geplaasde naaswenner, sal na die semifinaal vorder.
Die twee spanne in die eindstryd kwalifiseer vir die CAF onder 20 Afrika Nasiesbekertoernooi volgende jaar.
Die COSAFA mans o.20-kampioenskap se loting:
Groep A: Suid-Afrika, Mosambiek, Zimbabwe, Lesotho
Groep B: Zambië, Malawi, Namibië, Comores.
Groep C: Angola, Eswatini, Botswana

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie