Cosafa kan NSV straf ná o.20's onttrek
Sokker
Namibië se onttrekking op die nippertjie uit die o.20 Cosafa-toernooi, nadat hy vroeër ook nie sy o.23-span na 'n kontinentale kwalifiserende wedstryd gestuur het nie, kan ernstige gevolge vir die land se sokker inhou.
Die Namibiese Sokkervereniging (NSV) wag nou vir die Konfederasie van Suider-Afrikaanse Sokkerverengings (Cosafa) om te besluit of Namibië moontlik met 'n boete of 'n skorsing uit toekomstige toernooie – of beide – gestraf gaan word, het die sekretaris-generaal Barry Rukoro erken.
Die NSV het eers vandeesweek sy span onttrek uit die o.20-toernooi wat môre in Kitwe, Zambië begin. Afrigter Gerald Güther en sy span was geloot om saam met Suid-Afrika, Mauritius en eSwatini in groep B mee te ding.
Rukoro het aan Nampa die onttrekking bevestig.
“'n Situasie soortgelyk aan wat met die o.23's gebeur het, het ons gedwing om die o.20-span ook uit vanjaar se toernooi te onttrek.
“Ons het nie geld om die span na Zambië te stuur nie. Ons het tot op die laatste oomblik probeer met die hoop dat nugtere verstand sou seëvier, maar helaas nie,” het hy gesê.
Vroeër vandeesmaand het dieselfde terugslag die onder 23-span van afrigter Ronny Kanalelo getref wat in die Olimpiese kwalifiserende reeks teen Angola sou begin speel. Dié span moes ook onttrek word, met Rukoro wat die NSV se president, Frans Mbidi, daarvan beskuldig dat hy geweier het om die vereniging se versoek om bystand aan die wêreldbeheerliggaam Fifa te onderteken.
Op sy beurt het Mbidi teruggekap dat die NSV se uitvoerende komitee hom wederregtelik uit sy pos onthef het. Hy het aangedring dat hy eers in sy amp herstel word voordat hy die versoek kan onderteken.
“Hoe kan ek dokumente onderteken nadat hulle my as president verwyder het?” is hoe hy in die media aangehaal is.
Die buitelandse blootstelling vir die o.20's en o.23's sou van onskatbare waarde vir die vooruitsigte van Namibiese sokker wees. Nie alleen is die genoemde toere nou van die baan nie, maar latere geleenthede kan ook ontneem word indien Cosafa besluit om Namibië te beboet of vir 'n aantal toekomstige toernooie te skors.
Dit benadeel nie net die betrokke spelers se kanse om tot senior nasionale vlak te ontwikkel nie, maar ook om vir loopbane in professionele sokker raakgesien te word.
– Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie