Cosafa: Een verandering teen Zimbabwe
Cosafa: Een verandering teen Zimbabwe

Cosafa: Een verandering teen Zimbabwe

Sokker
Charles Hambira vervang Denzil Haoseb in as sentrale verdediger, in die enigste verandering aan die beginspan van die Tafel Lager Brave Warriors vir hul wedstryd vandag teen Zimbabwe (afskoptyd 14:00) in the 2021 Cosafabeker.
Afrigter Bobby Samaria en sy span is gefokus om Zimbabwe die stryd aan te sê om rie ligapunte by te voeg en hul kanse van kwalifisering vir die semifinale te versterk.
Zimbabwe is op twee punte en moet wen om in die wedloop te bly, terwyl Namibië weggespring het met drie punte vir sy sege teen Senegal
“Alles gaan oor wat ons in vandag se wedstryd doen. Ons kan dinge vir onsself makliker maak, óf ons kan onsself onder druk plaas in die laaste twee wedstryde. Die opposisie jaag ons en ons moet dit so hou. Ons kan nie vir Zimbabwe toelaat om die voorsprong oor te neem en dat ons hulle moet inhaal nie,” het Samaria gesê.
Namibië se oorblywende wedstryde is groep B sal teen Malawi en Mozambique op 13 en 14 Julie wees.
Net die twee topspanne in elke groep vorder na die halfeindronde.

BRAVE WARRIORS (teen Zimbabwe):
1 Loydt Kazapua (doelwagter)
4 Aprocious Petrus
3 Ananias Gebhardt
5 Charles Hambira
20 Ivan Kamberipa
11 Absalom Iimbondi
19 Dynamo Fredericks
15 Marcel Papama
12 Wesley Katjiteo
8 Willy Stephanus
9 Elmo Kambindu

Kommentaar

Republikein 2025-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer