Coronavirus: Pasiu00ebnt op Swakopmund toets negatief
Coronavirus: Pasiu00ebnt op Swakopmund toets negatief

Coronavirus: Pasiënt op Swakopmund toets negatief

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS), dr. Kalumbi Shangula, het vanmiddag bevestig die 30-jarige vrou wat in die staatshospitaal op Swakopmund in isolasie was, het negatief vir die coronavirus getoets.

Volgens dr. Shangula het die vrou Sydney in Australië besoek en via Doha na Namibië teruggekeer. Die vrou het aan personeel by die hospitaal gesê buiten dat sy 'n land besoek het waar bevestigde gevalle van die virus is, was sy ook op 'n vlug met Chinese burgers wat maskers gedra en gehoes het.

Sy het simptome soos hoes, loopneus en kopseer gehad. Twee verpleegsters wat met haar in aanraking was, is ook geïsoleer.

Kommentaar

Republikein 2025-09-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer