Corona se episenstrum verskuif
Windhoek, nie meer Walvisbaai nie, is nou die amptelike episentrum van die Covid-19-uitbreking in Namibië, het die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, gister gesê.
Uit die 201 nuwe bevestigde gevalle is 158 van Windhoek.
Die afgelope sewe dae is gemiddeld 180 nuwe gevalle per dag aangemeld; meer as 60% daarvan in die hoofstad.
Shangula het ook sy kommer uitgespreek oor die tempo van verspreiding in die digbevolkte Oshanastreek. Op Oshakati is sewe nuwe gevalle aangemeld. Die dorp het al meer as 50 gevalle aangeteken.
Ander nuwe gevalle is aangeteken op Walvisbaai (17), Swakopmund (11), Otjiwarongo (2), Rehoboth (2), Katima Mulilo (2), Okahandja (1) en Okakarara (1).
Shangula het ook twee nuwe Covid-verwante sterftes bekend gemaak. Dit bring die sterftesyfer op 39 (0,8%) te staan.
‘n Man (73) van Windhoek met onderliggende mediese toestande is op 12 Augustus in ‘n hospitaal in die hoofstad opgeneem. Hy is Dinsdag oorlede.
Die 84-jarige vrou van Aminuis wat Dinsdag as ‘n nuwe geval bevestig is, is op 16 Augustus op Gobabis oorlede. Ook sy het verskeie onderliggende mediese toestande gehad.
Sy is in die hospitaal opgeneem op 13 Augustus en het voor dit na Windhoek gereis, waar sy in kontak was met ‘n familielid wat positief getoets het.
Namibië se bevestigde Covid-gevalle het hiermee tot 4 665 aangegroei, waarvan 2 426 (52%) herstel het en 2 200 aktief is. Die herstelsyfer is die hoogste in die Erongostreek, met 70%, en Ohangwena (87%).
Teen Maandag is 37 560 individue sedert Maart getoets, hertoetse uitgesluit. Die aantal gesondheidswerkers wat positief getoets het, het toe op 139 gestaan, met minstens een nuwe versorger op Otjiwarongo wat gister deel van die groep geword het.
Teen Dinsdag was 1 613 mense in kwarantyn. Meer as 8 000 mense is sedert Maart aan kwarantyn onderwerp.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie