Corona: Dodetal styg in VSA
Minstens 28 mense het reeds weens die virus in Suid-Korea gesterf, terwyl 5 186 gevalle reeds aangemeld is.
Pres. Moon Jae-in van Suid-Korea het Dinsdag oorlog teen die nuwe dodelike coronavirus (covid-19) verklaar.
Nadat die gevalle van mense wat die virus opgedoen het met 974 gestyg het, het Moon addisionele hospitaalbeddens en gesigmaskers bestel.
Minstens 28 mense het reeds weens die virus in Suid-Korea gesterf, terwyl 5 186 gevalle reeds aangemeld is.
Moon het verskoning vir die tekort aan gesigmaskers gevra en ondersteuning aan klein ondernemings belowe.
“Die hele land loods nou ’n oorlog teen die aansteeklike siekte nadat die krisis in die Daegoe- en Gjeongboek-provinsies ’n hoogtepunt bereik het,” het hy op ’n kabinetsvergadering gesê. Hy het daarna diegene wat nie vinnig genoeg maskers kon kry nie verskoning gevra.
Dié virus het vinnig in Suid-Korea begin versprei nadat ’n kerkganger ander lidmate in die Daegoe-provinsie aangesteek het. Die leier van die kerk is Maandag negatief vir die virus getoets.
Intussen is skole in New York, Amerika, gesluit nadat die virus ook besig is om in dié land te versprei.
Twee Joodse skole het Dinsdag hul klasse opgeskort nadat hulle ’n vermoedelike geval van die covid-19-virus aangemeld het.
Die skole het om kalmte gevra terwyl riglyne teen die virus met die gesondheidsdepartement uitgeklaar word.
Minstens 100 mense in Amerika het reeds positief vir die virus getoets, terwyl nege reeds weens die virus gesterf het.
Die departement van gesondheid het Dinsdag bevestig dat nóg drie mense weens die virus in die Seattle-omgewing in Washington dood is. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie