Conradie-verhoor weer uitgestel
Volgens die ACC is dit betreurenswaardig, omdat die staat koste moes aangaan om ’n getuie uit Australië te laat reis en te huisves.
Die verhoor van die plaaslike prokureur mnr. Dirk Conradie en sy medebeskuldigde, me. Sarah Damases, wat in Junie 2012 op aanklagte van korrupsie in hegtenis geneem is, is tot aanstaande maand uitgestel.
Dít volg nadat Damases se regsverteenwoordiger, mnr. Vetu Uanivi, weens mediese redes tot 25 Mei afgeboek is.
Volgens ’n verklaring deur die Teenkorrupsiekommissie (ACC) sou die hofsaak verlede week van 24 April tot 10 Mei in die hoërhof voortgegaan het.
Uanivi het egter op die dag wat die hofsaak sou voortgaan per brief aangedui hy is tot einde Mei afgeboek. Die brief is van ’n mediese sertifikaat vergesel.
Regter Thomas Masuku, wat op die bank was, was nie tevrede met die manier waarop Uanivi se afwesigheid gekommunikeer is nie en het ’n hofbevel uitgereik vir hom of sy raad om op 25 April in die hof te verskyn om dit te verduidelik.
Die raad het ’n verklaring met ’n verskoning aan die regter oorhandig vir die wyse waarop die omstandighede aan die hof oorgedra is.
In die lig van die verklaring het Masuku Uanivi se redes as sinvol beskou en die saak tot 16 Mei uitgestel wanneer hy beskikbaar sal wees om die hof persoonlik toe te spreek en vir die hof om op ’n verdere hofdatum te besluit.
Volgens die ACC is die uitstel betreurenswaardig, omdat die staat koste moes aangaan om ’n getuie uit Australië te laat reis en te huisves.
Die saak is reeds sedert 26 Junie 2012 vir die afgelope ses jaar en 10 maande op die hofrol.
Die kommissie sê voorts die staat het nog nooit vir uitstel gevra nie en was voorbereid daarop dat verrigtinge voortgaan.
Uit die ACC se ondersoek het verskeie klagte teen Conradie en Damases gespruit, wat almal op die oortreding van die teenkorrupsiewet gebaseer is en glo met ’n N$60 miljoen-advertensiekontrak verband hou.
Dít spruit uit die verskaffing van ’n bandopname van ’n vergadering wat mnr. Mark Bongers en sy vrou en sakevennoot, me. Kim Field, van die advertensiemaatskappy DV8 Saatchi & Saatchi, met Conradie en Damases gehad het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie