Conradie een van die sterre in Varsity-halfeind
Rugby
George Germishuys - Die generaal, sy adjunk, die afronder, 'n spelskepper en sterkman het almal indruk gemaak in die Varsitybeker-reeks se halfeindstryde wat Maandag in Stellenbosch en Pretoria gespeel is.
Maties het 'n hardnekkige Universiteit van Johannesburg met 22-14 verslaan, terwyl Tuks ook moes sweet om met 28-21 van die Shimlas ontslae te raak.
Te oordeel aan die goeie skoot drama wat gewoonlik in die kompetisie se eindstryde afspeel, is die tafel gedek vir 'n riller in Pretoria op 17 April.
Hier is vyf spelers wat uitgeblink het:
1. André Warner (Tuks): Die lenige skrumskakel lewer week ná week vertonings van uitsonderlike gehalte vir sy span en was in die druk van 'n halfeindstryd nog meer op sy stukke. Sy opsies was slim en sy diens flink, maar hy het veral die oog getref met sy sterk lopies, skerp breekslae en vaardighede in die kontak.
2. Tinus de Beer (Tuks): Warner se skakelmaat is ewe veel van 'n faktor. Hy skop takties goed, is 'n vaardige stelskopper, maar ook 'n ewe bedrewe spelskepper.
Hy is 'n sterk baldraer en 'n deeglike toets vir enige verdedigingslinie wat teen hom te staan kom.
3. Sibahle Maxwane (Tuks): Die vleuel was in die laaste stryde van vanjaar se reeks op sy glibberige beste en die halfeindstryd was geen uitsondering nie.
Maxwane het hom deeglik met vaart en krag laat geld en het twee keer agter die doellyn gaan kuier.
4. Michal Haznar (Maties): Die senter met die kenmerkende Afro-haarstyl en groen stewels skep geleenthede uit die niet en het die vermoë om dit self af te rond ook.
Hy was oudergewoonte sterk teen UJ, vlugvoetig en vol vaart en het die spelers om hom laat gedy.
5. Wian Conradie (UJ): UJ was deurentyd in die wedloop om die halfeindstryd teen die Maties te wen en dit is grootliks te danke aan die werk van sy voorspelers.
Sy skrum was sterk, maar dit was die spelers by die afbreekpunte en verdediging wat die span in die wedloop gehou het.
Conradie, die jong oopkantflank wat ook in Namibië se 2015 Wêreldbeker-span was, was die hoofkarakter in albei teaters en het hom met 'n paar groot duikslae laat geld. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie