Comrades se langste langasem haastig op Swakop
'n Gryskop legende van padwedlope in die buurland was die naweek aan die Namibiese kus in aksie.
Andrew Poolman – Geen atleet in die geskiedenis het die wêreldbekende Comrades, óf die Twee Oseane ultra-marathon meer kere voltooi as een van die hardlopers in die Seaworks Gravel Grinder-byeenkoms laas naweek op Swakopmund nie.
Die 72-jarige Louis Massyn hou die rekord met 'n ondenkbare 47 opeenvolgende Comrades-marathonne (90 km tussen Durban en Pietermaritzburg), terwyl hy die Kaap se jaarlikse spogresies die Twee Oseane (56 km) ook 44 keer op 'n streep aangepak en voltooi het.
Massyn, van Welkom in die Noord-Vrystaat, bevind hom tans in Namibië waar hy by vriende oorbly terwyl hy die laaste dae aftel voor hy as 'n genooide atleet aan die Boston-marathon gaan deelneem.
“Vanweë Suid-Afrika se Covid-19-stand laat die VSA nie reisigers van daar inkom nie. Reisigers uit Namibië het egter wel die groen lig van Amerika en dus was dit my enigste opsie om 14 dae in Namibië te kom oorbly en van hier af die reis te voltooi,” het Massyn aan die koerant vertel.
Sy kaartjie is bespreek om komende Maandag 'n vlug na Addis Abeba te haal. “Asof die afstand nie vanself lank genoeg is nie, vlieg ons eers na Oos-Afrika, kry 'n aansluitingsvlug wat in Togo in Wes-Afrika brandstof hervul en van daar af New York en Boston toe.”
Massyn is 'n internasionale ambassadeur vir die sportklerasiemaatskappy Adidas – vandaar sy status as 'n genooide atleet.
Die Boston-marathon wat op 11 Oktober voorlê, is die oudste internasionale marathonbyeenkoms ter wêreld wat vir die 125ste keer aangebied word – is een van verskeie grotes waaraan hy al tevore deelgeneem het. Hy het die New York-marathon, Berlyn, Rio de Janeiro, Dallas en Dubai ook op sy kerfstok, asook die Athene-wedloop wat in die ikoniese Griekse dorpie Marathon wegspring.
Net ses dae later (17 Oktober) sal Massyn wéér as 'n eregas by die wegspringstreep van die Detroit-marathon aantree.
“Die Comrades-marathon van 1973 was die heel eerste padwedloop waaraan ek in my lewe deelgeneem het. Van toe af het ek net nog nooit opgehou nie,” vertel hy oor sy begindae.
SWAKOPMUND
By laas naweek se Gravel Grinder aan die buitewyke van Swakopmund het Massyn vir die 21 km padwedloop ingeskryf. Vir 'n man van 72 jaar was sy eindtyd van twee ure 01 minuut beslis nie te versmaai nie.
“In die vorige dae toe ek in Windhoek gedraf het, kon ek beslis die effek van die hoogte bo seespieël voel, maar daarna was die byeenkoms naby aan seevlak soveel makliker. Die Gravel Grinder se roete in die Namibwoestyn en deur die maanlandskap is ook werklik iets besonders,” vertel hy.
UITSLAE: 21 KM PADWEDLOOP
Die topvyf mans oor 21 km was Willy Mac van Zyl (eerste in 1:27:40), wat tien sekondes voor Gino Chiappini klaargemaak het; gevolg deur Albertinus Goeieman (derde, 1:27:56), Petrus Shigwedha (1:29:16) en Josua Roberts (1:29:53).
Die 21 km vrouewenner Azalia Arendse het in 1:22:33 met oortuiging die aanslag van Estelle Bailey (1:50:25) en Sonja Oates (2:04:51) afgeweer.
Vaino Ashulu het die 10 km padwedloop in 37:00 voor Ethan Snyders (38:48) weggeraap. Oor dié afstand was Arina Lensing die eerste vrou (52:16), gevolg deur Wilmare Potgieter (52:38).
UITSLAE: BERGFIETSRY
Die Seaworks Gravel Grinder is ewe gewild onder bergfietsryers, met verskeie bekende name wat op dié uitslae verskyn.
In die 80 km mans-resies het Ingram Cuff as die algehele wenner eerste oor die eindstreep geseil, hoewel 'n fout met die tydhoumeganisme ingesluip het en geen tyd dus vir hom aangeteken is nie.
Die junior Kevin Lowe was eerste van die elite mans in 2 ure 30 minute 27 sekondes. Volgende in dié klas was Adrian Key (2:38:58), Marc Epler (2:39:16) en Kai Pritzen (2:52:17).
Die subveterane was ewe sterk in die 80 km, met Ingram Cuff vooraan as die wenner voor die tweeling André Vermeulen (2:32:21) en Braam Vermeulen (2:35:38), JD Engels (2:35:40), Jurgen Sander (2:35:40) en Tyrone Kotze (2:35:41).
Mannie Heymans (2:35:44) was algeheel sesde en wenner van die veteraanmans, voor Cobus Smit (2:40:13) en Fanie Steenkamp (2:52:18).
Die 80 km algehele vrouewenner was die plaaslike subveteraanryer Luanne van der Schyff (3:02:26). Volgende was die eerste elite-ryer Candice Wiggill (3:04:34), net een sekonde voor Irene Steyn, met Michelle Döman vierde (3:07:38).
• Danksy Seaworks is altesame N$35 000 in prysgeld in die onderskeie kategorieë uitbetaal. Die fietswinkel Cycles4U het die reëlings hanteer.
FOTO
Die 72-jarige Louis Massyn (links) Saterdag by die 21 km eindstreep saam met Werner Bachmann van Walvisbaai – ook ’n man wat reeds 12 Comrades- en 15 Twee Oseane ultra-marathonne voltooi het. Foto verskaf

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie