College of the Arts RMB Concerto Fees

Lloyd Zandberg
Die Kollege van die Kunste (College of the Arts) se Concerto Festival word die tweede keer in die geskiedenis hoofsaaklik deur Rand Merchant Bank geborg. Die Kollege wil ook hiermee hulle waardering en dank teenoor RMB uitspreek wat dit moontlik maak om ‘n produksie van sulke hoogstaande kwaliteit aan te bied.

Die jaarlikse Concerto-fees is een van die hoogtepunte op die Kollege vir die Kunste se kalender. In Klassieke musiek is 'n concerto 'n stuk musiek waar een of meer soliste deur 'n orkes begelei word. Die solis kry dan ook kans om sy of haar tegniese en musikale vaardighede ten toon te stel.

Die soliste sluit ? vier instrumentaliste in: Carissa Esslinger (14) blokfluit, Zia Majevski (16) Saksofoon, Elifas Sameul (20) klarinet en Eike Coetzee (15) viool. Die sang studente van Gretel en Hermien Coetzee sorg vir ‘n verskeidenheid van sang style en genres. Lyvodia #Ouses, Glaucia Ngaca en Janice van Rooy sing solo werke van Mozart en Marieth van Wyk van Pucinni. Esmarie Boshoff is die pragtige dame wat Bernstein se I feel Pretty vertolk, terwyl Nadine Baas, Lyvodia #Ouses en Galilei Njembo die Angel of Music trio sing uit die Phantom of the Opera. ‘n Hoogtepunt op die program is die sang sekstet wat Chi mi fre uit die Lucia di Lammermoor opera van Donizetti sing.

Die College is ook baie bevoorreg dat Enrico Palascino as gas solis gaan optree saam met die orkes. Hy gaan Mendelssohn se Viool Concerto in E mineur uitvoer.

Alexander Fokkens van Kaapstad gaan as dirigent vir die Namibiese Nasionale Simfonie-orkes (NNSO) optree. Hy is 'n uiters begaafde musikus wat die vermoë het om soliste sowel as orkeslede te inspireer om musiek van hoogstaande gehalte te lewer.

Die Concerto-fees sal plaasvind op Vrydag 4 Augustus en Saterdag 5 Augustus in die NG Kerk Windhoek (Moedergemeente) om 19.00. Kaartjies kan vooraf gekoop word by die College, 374 126 of by Today.com.na teen N$100 vir volwassenes en N$ 50 vir kinders en pensionarisse. Almal word uitgenooi te kom luister na die pragtige musiek wat voorgedra gaan word deur Namibië se talentvolle jeug. Enige navrae kan gerig word aan Johanita de Waal 081 272 9922.

Kommentaar

Republikein 2025-08-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer