Coleman boos vir NFA oor Cosafa
Sokker
Zenatha Coleman, nasionale spankaptein en gesoute voorspeler wat tans in Spanje professioneel sokker speel, het Dinsdagaand op Facebook geen geheim van haar misnoeë teenoor die Namibiese Sokkervereniging (NFA) gemaak nie.
Coleman, ongetwyfeld die mees waardevolle speler vir die Namibiese Brave Gladiators, is namens haar spanmaats uiters ontsteld oor die NFA se besluit om twee nasionale vrouespanne (seniors en o.17) uit die 2020 Cosafa-toernooie in Port Elizabeth te onttrek.
Die NFA het kort tevore aangekondig dat hy sy twee spanne uit dié gesogte toernooi onttrek het weens die gebrek aan voorbereiding wat as gevolg van die nasionale Covid-19 inperkings onafwendbaar was.
Coleman het op Facebook geskryf: “Liewe NFA, as speler en kaptein van die Brave Gladiators, is ons baie teleurgesteld om te hoor dat ons nie aan die Cosafa-kompetisie sal deelneem nie.
“Ons meisies moet uit sokker hul bestaan maak. Die meeste van hulle werk nie en gaan nie skool nie. Dit is moeilik om werk te kry. Om vir die nasionale span te speel, is die enigste manier vir hulle om geld te verdien en nou ontsê julle (NFA) hulle dit.
“Van die meisies kon by die kompetisie raakgesien word en ’n professionele kontrak bekom het, maar weer eens word dit hulle ontsê.
“Ons is tans 143ste op die Fifa-ranglys en dit maak seer, want ons speel net kwalifiserende wedstryde vir die Afcon-toernooi en die Wêreldbeker. Maar ons vorder nêrens nie, want weens die gebrek aan voorbereiding is ons nie kompeterend genoeg om na die volgende ronde te vorder nie.
“Daar moet verandering kom. Gee die Gladiators die nodige ondersteuning en gelyke behandeling.”
Coleman het intussen aan die nuusagentskap Nampa gesê die NFA is nie ernstig oor vrouesokker nie.
“Ons is moeg om dieselfde storie by die NFA te hoor, dat daar nie geld vir vrouesokker is nie. Daar is altyd geld vir die Brave Warriors (senior nasionale manspan). Hoekom moet ons so behandel word? Dit is betreurenswaardig,” het sy gesê.
Coleman het verlede jaar vier doele ingeryg toe Namibië vir Mauritius met 8-0 in hul laaste Cosafabeker groep B-wedstryd in Port Elizabeth afgeransel het.
Namibië het om dieselfde rede ook sy o.17-meisiespan onttrek aan die komende Cosafa-toernooi wat van van 5 tot 13 November in Port Elizabeth voorlê. Botswana het sy o.17-meisies ook vandeesweek onttrek.
Volgens Franco Cosmos, waarnemende sekretaris-generaal van die NFA, is die Covid-19-pandemie die werklike skuldige. Hy sê daar was te min tyd vir die Gladiators én vir die o.17-meisies om voor te berei en die NFA het besluit om beide spanne te onttrek.
Die 2020 senior Cosafa-vrouetoernooi vind van 3 tot 14 November in Port Elizabeth plaas.
Suid-Afrika, Angola, Botswana, Comore, eSwatini, Lesotho, Malawi, Tanzanië, Zambia en Zimbabwe sal by die kompetisie in aksie wees.
– Nampa, NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie