Cohen trek titel nader
Vuisbal
Cohen Vuisbalklub 1, die huidige Bank Windhoek-ligakampioene, het die afgelope naweek opnuut die nasionale Bank Windhoek-beker by die DTS-veld opgeraap toe hy die A-afdeling oorheers het, met SKW 2 wat die B-afdeling gewen het.
Die eendagkompetisie was in twee groepe verdeel waarin elk sewe spanne deelgeneem het. In die A-afdeling se een groep was Cohen 1, SKW 2 en Cohen 3. Laasgenoemde het die onmoontlike reggekry om SKW 2, die gunsteling, met 2-1 te klop om in die volgende ronde teen Cohen 1 te vorder.
Cohen 3 was in die wolke ná hul oorwinning teen SKW 2 en plaas Cohen 1 in die eerste stel onder groot druk om sodoende die voortou te neem. Met genoeg ondervinding agter die blad verwerk Cohen 1 egter die druk en palm die volgende twee stelle vir die oorwinning in.
Cohen 1 oorheers met 3-0 teen SKW 2 om boaan die puntelys te eindig en SKW 2 sodoende na die semifinaal van die B-afdeling laat afskuif, terwyl Cohen 1 en 2 in die A-afdeling hul plekke in die halfeindstryde inneem.
In die B-afdeling pak SKW 1, Cohen 2, DTS en Swakopmund mekaar. SKW 1 wen al sy botsings om boaan die puntelys te eindig. Cohen 2 klop op sy beurt vir DTS en Swakopmund vir die tweede posisie en beland saam met Cohen 1 en 2 asook SKW 1 vir die semifinaal van die A-afdeling.
SEMIFINALE EN FINAAL
In die A-afdeling klop Cohen 1 vir Cohen 2 met 2-0 en SKW 1 vir Cohen 3, ook met 2-0.
In die bronsfinaal was Cohen 3 met 3-0 te sterk vir Cohen 2.
In die eindstryd teken SKW 1 as gasheer die eerste drie punte teen Cohen in die eerste stel aan, maar die besoekers vind hul voete en beklink die stel met 11-9. Cohen wen daarna ook die tweede en derde stel om met die beker weg te stap.
Die B-afdeling word deur SKW 2 oorheers, met Swakopmund tweede en DTS derde.
Helmo Minz van Cohen 1 is as speler van die dag aangewys, terwyl Torben Winterbach van Swakopmund as die mees waardevolle speler van die 2018-seisoen bekroon word.
Die speler van die jaar trofee is deur Rico Kühnle-Kreitz en Helmo Minz (beide Cohen 1) gedeel.
Minz, wat ook die skakelbeampte van die Namibiese Vuisbalvereniging is, het die borg bedank.
“Aan Bank Windhoek, ons hoofborg, baie dankie vir jul ondersteuning die afgelope seisoen. Aan die klubs, spelers en komiteelede, jul bydrae word opreg waardeer wat help om die liga 'n sukses te maak,” het Minz gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie