Coenie moontlik in die Haaie se beginspan

11 October 2018 | Sport
Tinus van Staden - Coenie Oosthuizen, Springbok-vaskopstut, kan hom Saterdag moontlik vir die eerste keer in bykans 'n jaar in 'n beginspan bevind wanneer die Haaie vir Griekwas in Kimberley aandurf.

Oosthuizen het sy terugkeer ná 'n kniebesering drie weke gelede van die plaasvervangersbank af gemaak in die Haaie se Curriebeker-sege oor die Goue Leeus in Durban. In dié rugbyspan se nederlaag teen die Westelike Provinsie op Nuweland, het hy ook van die bank af speelkans gekry.

Die kans is goed dat hy op vaskopstut gaan begin wanneer die Haaie die Poubloues aandurf. Hy sal dan in nóg 'n Springbok, Thomas du Toit, se plek speel.

Oosthuizen het sy knie in November 2017 op die Bokke se jaareindtoer in die toets teen Ierland beseer en was sedertdien nog nie weer in die Haaie se beginspan nie.

Dié Bok sal hoop om Rassie Erasmus, die Bok-breier, te oortuig om hom saam te neem op die Bokke se jaareindtoer, waar hulle toetse teen Engeland, Frankryk, Skotland en Wallis speel.

Nóg goeie nuus vir die Haaie en die Bokke, is dat die steelkantflank Jean-Luc du Preez weer saam met die Haaie begin oefen het ná 'n besering wat hom uit die Rugbykampioenskap gehou het.

Dit is nog onduidelik of die Haaie Du Preez die naweek gaan gebruik. Intussen sê Lwazi Mvovo, die Haaie se Springbok-vleuel, die nederlaag teen die WP twee weke gelede was 'n bedekte seën vir die span.

“Dit het seergemaak om teen die WP te verloor. Jy wil graag onoorwonne deur die seisoen gaan, maar daardie nederlaag was die beste ding wat met ons kon gebeur,” sê Mvovo.

“Voor daardie wedstryd het ons gedink alles is perfek. Toe sien ons alles is nie perfek nie en ons kon nou werk aan ons foute.”

Volgens Mvovo het die span te veel balbesit weggegee teen die WP en hulle sal dít moet regstel teen die Poubloues. “Ons is 'n goeie span as ons die bal deur fases stuur. Ons druk drieë wanneer ons die bal vir ses of sewe fases hou.”

'n Sege sal die Haaie van 'n tuishalfeindstryd verseker, maar Mvovo weet dit gaan nie maklik wees nie.

“Dit is nooit maklik teen Griekwas in Kimberley nie. Hulle het niks om te verloor nie en dit sal vir hulle groot wees om die Haaie te klop.”

– Netwerk24

Soortgelyk

 

Pas jou rug op

18 ure gelede | Gebeure

Tanja Bause - Môre word Wêreldruggraatdag met die tema “Wees lief vir jou ruggraat” gevier. Lede van die Namibiese Chiropraktisynsvereniging en van hul pasiënte het...

Kleurryke Pik Botha sterf op 86

18 ure gelede | Mense

Ronelle Rademeyer – Die afgelope naweek is selfs in die internasionale nuus wyd berig oor die afsterwe van die kleurryke en legendariese voormalige minister van...

Onwettige sandmyne se dae getel

18 ure gelede | Misdaad

Kenya Kambowe - Die omgewingskommissaris se kantoor is tans besig met die wysiging van omgewingsregulasies om hulle minder dubbelsinnig te maak en suksesvolle vervolgings te...

Ichingo Chobe River Lodge wen weer

18 ure gelede | In beeld

Ichingo Chobe River Lodge in die Zambezistreek is vir die tweede agtereenvolgende jaar tydens die Wêreldreistoekennings as die beste tentsafarikamp in Namibië aangewys. Die 2018-toekennings...

Namibië deel van vlootsimposium

18 ure gelede | Ministeries

Die senior verdedigingsbeampte en verdedigingsattaché vir die Amerikaanse ambassade in Windhoek, lt.kol. John Lacy, het verlede maand die Namibiese vlootbevelvoerder, skout-admiraal Sinsy Nghipandua, na die...

Weer vir 12 Oktober 2018

18 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en bloedig warm in die verre noordelike streke. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloe­dig warm wees met enkele buie in...

Drie sterf in ongelukke

18 ure gelede | Ongelukke

Drie mense het hul lewens die naweek in motorongelukke en ’n treinongeluk verloor. In ’n kop-teen-kop-botsing op die pad tussen Walvisbaai en Swakopmund is ’n...

Sossusvlei Desert Lodge beste safari-lodge

18 ure gelede | In beeld

&Beyond Sossusvlei Desert Lodge is as die beste safari-lodge in Namibië tydens die Wêreldreistoekennings aangewys. In 2016 het dié luukse safari-lodge ook met hierdie toekenning...

Kamushinda van vuilspel beskuldig

18 ure gelede | Howe

Catherine Sasman - Namibië se hooggeregshof het verlede Dinsdag uitspraak voorbehou in die saak waarin Zimbabwe se Metropolitan Bank en World Eagle Investment (Pty) Ltd...