Coenie moontlik in die Haaie se beginspan
Rugby
Tinus van Staden - Coenie Oosthuizen, Springbok-vaskopstut, kan hom Saterdag moontlik vir die eerste keer in bykans 'n jaar in 'n beginspan bevind wanneer die Haaie vir Griekwas in Kimberley aandurf.
Oosthuizen het sy terugkeer ná 'n kniebesering drie weke gelede van die plaasvervangersbank af gemaak in die Haaie se Curriebeker-sege oor die Goue Leeus in Durban. In dié rugbyspan se nederlaag teen die Westelike Provinsie op Nuweland, het hy ook van die bank af speelkans gekry.
Die kans is goed dat hy op vaskopstut gaan begin wanneer die Haaie die Poubloues aandurf. Hy sal dan in nóg 'n Springbok, Thomas du Toit, se plek speel.
Oosthuizen het sy knie in November 2017 op die Bokke se jaareindtoer in die toets teen Ierland beseer en was sedertdien nog nie weer in die Haaie se beginspan nie.
Dié Bok sal hoop om Rassie Erasmus, die Bok-breier, te oortuig om hom saam te neem op die Bokke se jaareindtoer, waar hulle toetse teen Engeland, Frankryk, Skotland en Wallis speel.
Nóg goeie nuus vir die Haaie en die Bokke, is dat die steelkantflank Jean-Luc du Preez weer saam met die Haaie begin oefen het ná 'n besering wat hom uit die Rugbykampioenskap gehou het.
Dit is nog onduidelik of die Haaie Du Preez die naweek gaan gebruik. Intussen sê Lwazi Mvovo, die Haaie se Springbok-vleuel, die nederlaag teen die WP twee weke gelede was 'n bedekte seën vir die span.
“Dit het seergemaak om teen die WP te verloor. Jy wil graag onoorwonne deur die seisoen gaan, maar daardie nederlaag was die beste ding wat met ons kon gebeur,” sê Mvovo.
“Voor daardie wedstryd het ons gedink alles is perfek. Toe sien ons alles is nie perfek nie en ons kon nou werk aan ons foute.”
Volgens Mvovo het die span te veel balbesit weggegee teen die WP en hulle sal dít moet regstel teen die Poubloues. “Ons is 'n goeie span as ons die bal deur fases stuur. Ons druk drieë wanneer ons die bal vir ses of sewe fases hou.”
'n Sege sal die Haaie van 'n tuishalfeindstryd verseker, maar Mvovo weet dit gaan nie maklik wees nie.
“Dit is nooit maklik teen Griekwas in Kimberley nie. Hulle het niks om te verloor nie en dit sal vir hulle groot wees om die Haaie te klop.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie