Coe: ‘Kyk weer na dagga se status’
Olimpiese Spele
Die dagga-debakel wat daartoe gelei het dat die Amerikaanse naelloper Sha’Carri Richardson die Olimpiese Spele misloop, het ’n nuwe kinkel bygekry.
Sebastian Coe, president van Wêreldatletiek, sê hy is ten gunste daarvan dat dagga se status as ’n verbode middel hersien moet word. Dit volg nadat die Amerikaanse naelloper kort voor die Tokio-skouspel geskors is.
Coe meen dat daar weer ná dié middel gekyk moet word aangesien dit nou sinvol sal wees om die beleid te hersien.
Coe was by die Amerikaanse proewe vir die Spele verlede maand toe die 21-jarige Richardson die 100 m in 10.86 sekondes gewen het.
Haar uitslag is egter geskrap nadat sy positief getoets is vir ’n chemiese middel wat in dagga gevind word. Sy moes gevolglik ’n skorsing van 30 dae aanvaar en is nie eens vir die VSA se 4x100 aflosspan oorweeg nie.
Richardson het gesê sy het dagga gerook om haar te help om die verlies van haar ma se verwerk, wat ’n week voor die proewe dood is.
“Ek is jammer vir haar dat ons ’n uitsonderlike talent (by die Spele) verloor het,” het Coe Dinsdag tydens ’n nuuskonferensie gesê, terwyl hy bygevoeg het dat die bestaande reël wel reg toegepas is.
Coe het ’n beroep op atletiek se integriteitseenheid (AIU) gedoen om kragte saam met die Wêreldagentskap teen die gebruik van verbode middels (Wada) te span en dagga se plek op die lys van verbode middels in heroënskou te neem.
Die hoof van atletiek se moederliggaam glo dat Richardson se teenwoordigheid by die Spele gemis gaan word, maar dat sy dié terugslag te bowe sal kom.
Richardson se tyd van 10.72 wat sy in April aangeteken het, plaas haar tans in die derde plek op die wêreldranglys vir 2021. Sy het drie van die voorste ses tye van die jaar agter haar naam.
– Netwerk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie