CoD hoop op beter toekoms vir Zimbabwe
Ná afloop van die nuwe Zimbabwiese staatshoof se besoek aan Namibië het die Congress of Democrats die noodsaaklikheid van nasiebou beklemtoon.
Die Congress of Democrats (CoD) het na aanleiding van Zimbabwe se pres. Emmerson Mnangagwa se besoek Maandag aan pres. Hage Geingob by Staatshuis die hoop uitgespreek dat die politieke en veiligheidsituasie in die buurland sal verbeter.
“Ons wens Zimbabwe alles van die beste toe. Baie van die land se burgers het oor die afgelope dekades 'n tuiste in Namibië gevind en waardevolle lede van die samelewing geword.
“Tog is dit hul hartsbegeerte om terug te keer huis toe wanneer die politieke en veiligheidsituasie dit vir hulle moontlik sal maak om met hul vriende en familie te herenig, en ook 'n bydrae te maak tot die patriotiese strewe na ekonomiese voorspoed en nasiebou in hul land,” sê die waarnemende president van die CoD, mnr. Vaino Elago Amuthenu.
Om hierdie rede hoop die party die gesprekke tussen Geingob en Mnangagwa sal 'n bydrae tot die begin van normaliteit lewer en alle Zimbabwiërs help om hul land te herbou.
“Ons regerings, en inderdaad ons vasteland, moet besef dat die veiligheid van mense die fondament van voorspoed en ontwikkeling is,” sê Amuthenu.
Die CoD sê voorts dit is nie Mnangagwa se eerste besoek aan Namibië nie en dat hy in die verlede vir party- en regeringsaangeleenthede die land besoek het. As veteraan van Zanu-PF en die Zimbabwiese regering was Mnangagwa deurlopend in sy land se 36 jaar lange geskiedenis betrokke.
Amuthenu hoop dat terwyl die besoekende president in Robert Mugaberylaan tot by Staatshuis gery het, hy tyd gehad het om na te dink oor sleutelgebeure in Zimbabwe sedert die land se onafhanklikwording. Dit sluit onder meer in “Gukurahundi,” die gebeure ná die grondwetskrywende vergadering van 2000, en die geweldpleging wat die 2008- en 2013-verkiesings gekenmerk het.
Hy meen ook die kennis wat die twee staatshoofde uitgeruil het, sal waardevol vir die land se nasiebou wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie