CJ brul as Britse Leeu op Kiwi-toer
Rugby
Francois de Wet
Hy was in Suid-Afrika nie as goed genoeg vir toetsrugby beskou nie, maar nou kry CJ Stander as lid van die Britse en Ierse Leeus die kans om geskiedenis in Nieu-Seeland na te jaag.
Die 27-jarige boorling van George tel onder 'n hele paar nuwelinge wat deur die Britse en Ierse Leeus-afrigter, Warren Gatland, gekies is om die All Blacks in Junie en Julie in 'n toetsreeks te probeer klop.
Die Leeus sal ook toerwedstryde teen Nieu-Seelandse Superrugby-spanne, die Maori All Blacks en die Nieu-Seelandse Barbarians speel.
Gatland het 'n groep van 41 spelers gekies, met die Walliese losvoorspeler Sam Warburton wat weer – soos in 2013 se suksesvolle toer na Australië – die span sal aanvoer.
Die Engelse slot Maro Itoje (22) is die jongste speler in die groep.
Stander het die afgelope seisoen as agtsteman en flank vir Ierland sy deurbraak gemaak. Hy het 'n groot rol in die Iere se oorwinning oor die All Blacks in Chicago gespeel.
Gatland het die wenkbroue laat lig deur nie die Engelse trio Dylan Hartley (haker), heelagter Mike Brown óf losskakel George Ford te kies nie.
Die toergroep is:
Voorspelers: Rory Best, Tadhg Furlong, Iain Henderson, Jack McGrath, Sean O'Brien, Peter O'Mahony, CJ Stander (almal Ierland), Dan Cole, Jamie George, Maro Itoje, George Kruis, Courtney Lawes, Joe Marler, Kyle Sinckler, Mako Vunipola, Billy Vunipola (almal Engeland), Taulupe Faletau, Alun Wyn Jones, Ross Moriarty, Ken Owens, Justin Tipuric, Sam Warburton (k) (almal Wallis).
Agterspelers: Dan Biggar, Jonathan Davies, Leigh Halfpenny, George North, Rhys Webb, Liam Williams (almal Wallis), Elliot Daly, Owen Farrell, Jonathan Joseph, Jack Nowell, Ben T'eo, Anthony Watson, Ben Youngs (almal Engeland), Robbie Henshaw, Conor Murray, Jared Payne, Jonathan Sexton (almal Ierland), Stuart Hogg, Tommy Seymour (albei Skotland). – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie