Citibank met amper R70 m. beboet
Die Suid-Afrikaanse Mededingingstribunaal het ingestem dat Citibank ’n boete van R69,5 miljoen betaal vir sy rol in die kartel van banke wat volgens die Mededingingskommissie saamgespan het om valutaverhandeling te manipuleer.
Die beweerde oortredings het volgens die kommissie “van minstens 2007 tot 2013” plaasgevind en hy vra die tribunaal vir ’n boete van 10% van die jaarlikse omset van die betrokke banke.
Die Mededingingskommissie het op 15 Februarie ’n saak van samespanning teen 17 banke, waaronder Absa, Standard Bank en Investec, vir vervolging na die Mededingingstribunaal verwys. Die kommissie het gevra dat 14 van die banke ’n administratiewe boete van 10% van hul jaarlikse omset moet betaal.
Die kommissie het sedert April 2015 die saak ondersoek.
Die banke wat van samespanning verdink word, sluit in Nomura, Standard Bank, Investec, JP Morgan, BNP Paribas, Credit Suisse, Commerzbank AG, Standard New York Securities, Macquarie Bank, Bank of America Merrill Lynch (BAML), ANZ en Standard Chartered PLC.
Absa en sy moedermaatskappy, Barclays, is nie ingesluit in die boetes waarvoor die Mededingingskommissie vra nie, omdat Absa met die owerhede saamwerk.
Die boete van R69,5 miljoen oorskry nie 10% van Citibank se jaarlikse omset in Suid-Afrika nie, sê die tribunaal in ’n verklaring.
Dié Noord-Amerikaanse bank het as deel van die ooreenkoms beken dat hy aan verbode praktyke, synde prysvasstelling en die verdeling van die markte, deelgeneem het. Hy het inligting verskaf wat ander banke kan impliseer. Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie