Cilliers se bronsie haak wenprys
Lydia Cilliers, die veteraan van Benguella-hengelklub in Windhoek, het met haar bronshaai van 105.7 kilogram stof in die opposisie se oë geskop.
Tielman van Lill - Die Namibië Strandhengelvereniging (NSAA) het onlangs sy vierde interklubkompetisie vir 2019 vanaf Myl 100 tot Doepsegat aangebied, waar 15 klubs se hengelaars vir kampioenskapspunte ingegooi het.
Volgens die NSSA-bestuur het die water op die dag goed gelyk en 'n goeie hengeldag het vir die 200 manne en vroue gewag wat van vroegoggend die swaarste vis gesoek het. So maklik was dit egter nie, want baie van die hoopvolles kon net een oneetbare spesie aan die hoek kry, terwyl die meeste eetbare vis (8, 13.4 kg) deur Henry Loubser van Penguin gehaak is.
Cilliers se sloephaai (of bronsie) was die swaarste oneetbare vis vir die byeenkoms. Die naaste aan haar was Wikus Viljoen van Steenbras met 55.9 kg en die res moes iewers elders 'n paar kampioenskapspunte bymekaar skraap.
Adré van der Merwe van Steenbras-klub se kabeljou van 13.3 kg was die swaarste eetbare vis en met sy totale vangs van 19.7 kg was hy ook die tophengelaar in dié afdeling.
Hoewel die vis meestal sku vir die deelnemers se aas was, het die hoopvolles 193 eetbare vis (335,7 kg) en 13 oneetbare vis (438,6 kg) uit die branders gesleep. Die totale vangs het 206 visse (774.3 kg) beloop. Soos die gebruik by die bewaringbewuste lede van die NSAA is, is al die oneetbare vis so gou as moontlik in die see teruggeplaas.
“As die hengelaars 'n vissie vir die rooster wil hou, kan hulle dit doen, maar om volhoubaarheid van die verskeie spesies vir ons nageslag in die toekoms te bewaar, word elke oneetbare vis asook die meeste van die eetbare vis met groot sorg hanteer en vrygelaat,” sê die NSSA.
Uitslae vir eetbare en oneetbare vis
Algeheel (mans en vroue):
1 Lydia Cilliers (Benguella, 105.7 kg), 2 Brian Curtis (Orca, 56.1 kg), 3 Wikus Viljoen (Steenbras, 55.9 kg).
Algeheel (vroue): 1 Lydia Cilliers (105.7 kg), 2 Angelique Connoway (Mako, 12.6 kg), 3 Veronica Nel (Hentiesbaai, 3 kg).
Algeheel asook senior mans: 1 Brian Curtis (56.1 kg), Wikus Viljoen (55.9 kg), 3 Johan Visser (Mako, 47.4 kg).
Senior vroue: 1 Angelique Connoway (17.9 kg), 2 Natasha Mostert (Atlantic, 2.5 kg), 3 Carlien Steyn (Welwitschia, 2.1 kg).
Veteraan mans: 1 Gunther Krauer (Walvisbaai, 45.4 kg),
2 Rudi Swartz (Mako, 10.9 kg),
3 Hennie Roets (Atlantic, 9.4 kg).
Veteraan vroue: 1 Lydia Cilliers (105.7 kg), 2 Nadine Downing (Hentiesbaai, 1.1 kg), 3 Annelien Langenstrassen (Penguin, 0.8 kg).
Meester mans: 1 Henry Loubser (Penguin, 13.4 kg), 2 Jan Heath (Steenbras, 7.9 kg), 3 Lourens Fourie (Hentiesbaai, 5.6 kg).
Meester vroue: 1 Veronica Nel (6.8 kg), 2 Hermien Theron (Hentiesbaai, 6.2 kg).
Grootmeester mans: 1 Adré van der Merwe (Steenbras, 19.7 kg), Jörg Walter (Atlantic, 7.5 kg), 3 Hennie Theron (Hentiesbaai, 3.1 kg).
Grootmeester vroue: 1 Sue Drake (Mako, 0.7 kg).
O.21-mans: 1 Pierre Nel (Mako, 46.3 kg), 2 Gert Visagie (Seagulls Walvisbaai, 2.8 kg), 3 Kevin Page (Penguin, 2 kg).
O.16-mans: 1 Devon Burger (Penguin, 4 kg), 2 Mark van der Merwe (Namibpark, 3.9 kg),
3 Sven Welzig (Atlantic, 3.4 kg).
Haaie
Algeheel (mans en vroue): 1 Lydia Cilliers (105.7 kg), 2 Wikus Viljoen (55.9 kg), 3 Brian Curtis (52.2 kg).
Mans: 1 Wikus Viljoen (55.9 kg), Brian Curtis (52.2 kg), 3 Pierre Nel (46.3 kg).
Vroue: 1 Lydia Cilliers (105.7 kg), 2 Angelique Connoway (12.6 kg), 3 Veronica Nel (3.0 kg).
O.21-mans: 1 Pierre Nel (46.3 kg).
Eetbare vis
Algeheel: 1 Adré van der Merwe (19.7 kg), 2 Phillip Coetzee (Skeleton Coast, 17.4 kg), 3 Henry Loubser (Penguin, 13.4 kg).
Vroue: 1 Hermien Theron (6.2 kg), 2 Angelique Connoway (5.3 kg), 3 Veronica Nel (3.8 kg).
Eerste drie topklubs vir die kompetisie is 1 Walvisbaai,
2 Hentiesbaai, 3 Mako.
Besoek gerus www.namshoreangling.com.na vir meer inligting oor die sport.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie