CIF: Hou boubedryf su00f3 gesond
CIF: Hou boubedryf su00f3 gesond

CIF: Hou boubedryf só gesond

Die boubedryf kry swaar, maar die CIF meen die regte tendervereistes kan van dié bedryf weer 'n katalisator vir ekonomiese groei maak.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh



Meer bona fide- Namibiese boumaatskappye moet voordeel uit die regering se verkrygingsaktiwiteite trek.

Só sê die Federasie vir die Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF) in 'n verklaring wat gister uitgereik is.

Die federasie wil hê maatreëls, waarvolgens voorkeur aan Namibiese kontrakteurs tydens tenderprosesse gegee word, moet in regulasies vervat word.

Dít sodat die sektor weer 'n katalisator vir ekonomiese aktiwiteite in ander sektore kan word, en kan verseker dat plaaslike bouondernemings hul deure oophou, voortdurend waarde tot die ­plaaslike ekonomie kan toevoeg en werksgeleent­hede kan skep, meen die federasie.

Die CIF stel voor tenderver­eistes soos dat bieënde ondernemings se aandeelhouers, direkteure, senior bestuur en geskoolde en semigeskoolde werkers verkieslik Namibiese burgerskap het, moet geld.

Indien 'n gesamentlike onderneming ter sprake is, stel die CIF voor alle betrokkenes se burgerskap moet oorweeg word.

Die CIF meen ander faktore soos aandeelhouding deur voorheen ­benadeeldes, vroue, die jeug en ­gestremdes moet ook in ag geneem word.

Nog voorgestelde vereistes sluit in bewyse van die finansiële sterkte, tegniese vaardighede en ervaring van die entiteit wat bie. Dié vereistes, sê die federasie, moet swaarder weeg, hoe groter die projek.

Nog voorstelle is dat gevestigde en groot kontrakteurs volgens hul vermoë om vaardighede oor te dra, geëvalueer moet word.

Die CIF sê hy het in die verlede reeds aan die ministerie van finansies voorgestel hoe ondernemings hieraan gemeet kan word.

“Ons is gretig dat ons voorstelle vir verkrygingsvoorkeure of ­soortgelyke inisiatiewe om die plaaslike bedryf te beskerm, hul weg na ­toekomstige ­regulasies vind,” het me. Bärbel Kirchner, waarnemende algemene bestuurder van die CIF, gesê.

“Dit sal verseker dat ons plaaslike bedryf optimaal voordeel uit geleenthede in die openbare sektor kan trek. Die CIF meen daar moet so ver moontlik van plaaslike kapasiteit gebruik gemaak word.

“Nie net sal dit verseker ­besighede in die boubedryf hou hul deure oop en is voortdurend van waarde vir die plaaslike ekonomie en bied werksgeleenthede nie, maar ook dat die grootskaalse kapasiteit van die ­Namibiese boubedryf behou word en aanhou groei.

“So kan dit weer 'n katalisator vir ekonomiese aktiwiteite in ander sektore raak,” het sy gesê.



VOORSTELLE

Die CIF stel voor enige bieërs vir kontrakte met 'n waarde van tot N$10 miljoen wat nie 100% Namibiese burgers is nie moet onmiddellik gediskwalifiseer word. Vir kontrakte van tussen N$10 miljoen en N$50 miljoen moet 'n minimum van 50%-eienaarskap deur Namibiese burgers vereis word.

Hierdie behoort ook toegepas te word op gesamentlike ondernemings. As punte nie onderskeidelik aan gesamentlike ondernemings toegeken word nie, moet 'n minimumvereiste van 100%- ­Namibiese eienaarskap geld vir kontrakte ter waarde van tot N$50 miljoen, lui die verklaring.

Die CIF stel voor ondernemings waarin Namibiërs 'n groter aandeel het, moet voorkeur geniet.

Nog 'n voorstel is bieërs vir regeringsprojekte wat in kategorie een tot drie val, moet ten minste 50%-eienaarskap van hul besighede deur Namibiese burgers kan bewys. Die kategorieë verwys na projekte met 'n verkrygingsdrempel van tot N$35 miljoen. Die CIF sê om tender­preneurskap te voorkom, is dit ook belangrik om vas te stel wat die gekombineerde burgerskap van die direkteure en senior bestuur van bieënde ondernemings is, terwyl vaardighede ter wille van goeie gehalte werk oorweeg moet word.

Die CIF sê finansiële kragtigheid, wat bewys moet word deur 'n onderneming se jaarlikse omset oor drie jaar, is veral belangrik vir projekte van meer as N$10 miljoen. Dít glo omdat dit 'n aanduiding is van die waarskynlikheid dat 'n projek voltooi sal word.

Tegniese vaardighede en ervaring moet ook swaarder weeg, hoe groter die projek is. Die federasie stel voor vir projekte met 'n kontrakwaarde van tot N$1,5 miljoen, hoef die bieër nie bewyse van vorige ervaring te lewer nie – wat beginners 'n geleentheid sal bied om die bedryf te betree.

Vir groter projekte moet bieërs egter voltooiingsertifikate van soortgelyke projekte kan wys. So kan projekte doeltreffend geïmplementeer word en word middelmanne, soos tenderpreneurs, uitgeskakel.

Vir projekte groter as N$10 miljoen moet tot drie punte toegestaan word op grond van die aantal beurse en internskappe wat ondernemings toestaan, asook deelname aan 'n onderneming se opleidingskursusse. Dis ook belangrik dat aankope sover moontlik van plaaslike diensverskaffers gemaak word.

Kirchner sê dit is nodig dat daar ­holisties na die vereistes tydens die beoordelingsproses vir tenders gekyk word.

“Tans is die speelveld nie gunstig vir Namibiese kontrakteurs nie, want dikwels kan hulle nie wat prys betref meeding nie. Hoe meer ons plaaslike bedrywe betrek, hoe meer kan ons ons eie mense ontwikkel en bemagtig.”



SYFERS DUI OP SWAARKRY

Statistieke wys die laaste keer dat die boubedryf positief gegroei het, was in 2015 (24,3%). Die sektor was die hele 2016 en 2017 in 'n resessie: In 2016 het dit met -26,3% gegroei en in 2017 met -25,6%.

Gemeet aan die bestendige pryse van 2010, het konstruksie in 2015 sowat N$7,4 miljard tot Namibië se bruto binnelandse produk (BBP) bygedra. In 2016 was dit bykans N$5,5 miljard en in 2017 ongeveer N$4,1 miljard.

Die Namibië ­Statistiekagentskap (NSA) het nog net syfers vir die eerste drie kwartale van 2018 vrygestel. Daarvolgens het konstruksie op 'n jaargrondslag in die eerste twee kwartale weer positief gegroei: 24% in die eerste en 24,6% in die tweede. In die derde kwartaal het groei weer tot -6,5% geval.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Sheffield United 0 vs 3 Tottenham Hotspur | Crystal Palace 5 vs 0 Aston Villa | Brentford 2 vs 4 Newcastle | Brighton 0 vs 2 Manchester United | Liverpool 2 vs 0 Wolves | Burnley 1 vs 2 Nottingham Forest | Luton Town 2 vs 4 Fulham | Manchester City 3 vs 1 West Ham | Arsenal 2 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 1 Bournemouth LaLiga: Barcelona 3 vs 0 Rayo Vallecano | Cadiz 0 vs 0 Las Palmas | Granada 1 vs 2 Celta Vigo | Mallorca 2 vs 2 Almería | Atletico Madrid 1 vs 4 Osasuna | Villarreal 4 vs 4 Real Madrid | Valencia 1 vs 3 Girona | Real Betis 0 vs 2 Real Sociedad | Athletic Club 2 vs 0 Sevilla | Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Inter Milan 1 vs 1 SS Lazio | Udinese 1 vs 1 Empoli | Monza 0 vs 1 Frosinone | Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%