Chucky op bank in Kimberley
Rugby
Johann de Jager – Die Namibiese haker Louis van der Westhuizen het van ’n besering herstel en maak sy terugkeer op die reserwebank vir die Vrystaat-Cheetahs se laaste Curriebeker-wedstryd môre teen die Griekwas (afskoptyd 16:30).
Die Cheetahs se voorkeurhaker Wilmar Arnoldi se terugkeer verlede week teen die Westelike Provinsie was toe van korte duur. Hy het sy kakebeen in ’n oefening beseer en word deur Marnus van der Merwe vervang.
Beertjie van Vuuren sal langs Van der Merwe in die voorry sak en is die derde verandering onder die agttal.
Die tienerflank George Cronjé is intussen die eerste keer in die beginspan gekies vir die wedstryd teen die Poubloues in Kimberley.
Die 19-jarige Cronjé, gewese SA Skolespeler, speel in die plek van Oupa Mohoje.
“George is ’n baie belowende speler, hy oefen met groot intensiteit en doen sy bes met elke oefening. Hy sal beslis hierdie naweek sy kans in die plek van Oupa gebruik. Daar is geen tekortkominge in sy spel nie,” het kaptein Carl Wegner gesê.
Mohoje het las van ’n rugbesering. Hy is een van twee spelers wat vandeesweek tydens oefeninge beseer is, wat meebring dat 12 spelers nie oorweeg kon word nie. Een van hulle is die Namibiese vaskopstut Aranos Coetzee, wat reeds ’n geruime tyd met ’n enkelbesering buite rekening is.
Die agterspelers Duncan Saal en Tian Meyer is terug in die beginspan en vervang onderskeidelik vir Rhyno Smith en Ruben de Haas op regtervleuel en skrumskakel.
Die Cheetahs (27 punte) is vyfde op die puntelys van die Curriebeker, sewe agter die vierde geplaaste Leeus. Die Pumas (12) en wenlose Griekwas (7) is onderaan die lys van sewe spanne.
• Vrystaat-Cheetahs: Clayton Blommetjies, Duncan Saal, Dries Swanepoel, Frans Steyn, Rosko Specman, Reinhardt Fortuin, Tian Meyer, Ruben de Haas, Jeandré Rudolph, George Cronjé, Andisa Ntsila, Reniel Hugo, Carl Wegner (k), Conraad van Vuuren, Wilmar Arnoldi, Boan Venter. Reserwes: Louis van der Westhuizen, Cameron Dawson, Khutha Mchunu, Victor Sekekete, Chris Massyn, Ruben de Haas, Howard Mnisi, Rhyno Smith.
BULLE BEKLINK TUISHALFEIND
Op ’n dag wat die Curriebekerreeks se aansien nog ’n knou gekry het met die soveelste wedstryd wat weens die coronavirus in die slag gebly het, het die Bulle en die Leeus min gedoen om hiervoor te vergoed, skryf Cobus Claassen.
Die Bulle het dié spanne se ontmoeting Woensdagmiddag op Loftus Versfeld met 22-15 gewen.
Dit beteken die Pretorianers is seker van ’n tuishalfeind aanstaande Saterdag.
Wat veronderstel was om ’n aanskoulike derby te wees, het uitgeloop op ’n saai stryd wat net een drie opgelewer het.
Dit was ongelukkig een van daardie ontmoetings waarin die blaser, in hierdie geval Cwengile Jadezweni, die hoofrol gespeel het met sy fluitjie.
Jadezweni het oënskynlik raai-raai gespeel by die skrums en daar was om die beurt ’n paar vreemde beslissings.
Die Leeus het goed weggespring met drie strafdoele van Tiaan Swanepoel, waarvan een ’n monsterpoging van oor die 60 m was, om vroeg met 9-0 voor te loop.
Die Bulle is rustyd kleedkamer toe met ’n geringe voorsprong van 12-9.
Embrose Papier, Springbok-skrumskakel van die Bulle, het kort ná rustyd danksy ’n knap aangee van sy kaptein, Duane Vermeulen, deurgesny doellyn toe.
Die indrukwekkende kanonvoet van Swanepoel, die gebore Namibiër, het uiteindelik vyf strafdoele deur die pale laat seil vir sy span se somtaal punte.
Nie een van die spanne het die stempel van ’n Curriebeker-kampioen gedra nie.
Jy kan egter nie te krities wees teenoor die Bulle nie, wat byna ’n maand laas opgetôk en vier Curriebeker-debutante in sy beginspan het.
Met ’n tuishalfeindstryd nou ’n gegewe, kry die Bulle Sondag in die Laeveld teen die Pumas vir oulaas ’n kans om die enjin te olie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie