Chinese werksmag by projek 'uitgefaseer'
Chinese werksmag by projek 'uitgefaseer'

Chinese werksmag by projek 'uitgefaseer'

Vrae word gevra oor die hoë getal buitelanders wat by een projek in diens geneem is.
Catherine Sasman
Catherine Sasman



Whale Rock Cement sê hy gaan 150 van die 400 Chinese werkers behou wanneer die beoogde konstruksie­tydperk vir die tweede sementfa­briek buite Otjiwarongo na verwagting vroeg aanstaande jaar ten einde loop.

Volgens Whale Rock Cement se woordvoerder, mnr. Manfred /Uxamb, sal dié getal oor 'n tydperk van vyf jaar tot 75 verminder word.

Die ministerie van binnelandse sake en immigrasie het 'n ­ooreenkoms met die maatskappy onderteken om 400 Chinese toe te laat om vir 'n tydperk van 20 maande te werk sedert ­konstruksie in Februarie begin het.

Die hoë getal Chinese werkers by die projek het in Julie wenkbroue gelig, maar /Uxamb het dit toe geregverdig deur te sê die konstruksiemaatskappy Sinoma gaan wel sy eie kundiges vir die ontwerp en konstruksie gebruik, maar Namibiërs sal ook gewerf word “om te help waar hulle ook al nodig is”.

“Die bou van sementaanlegte vereis spesiale vaardighede en 'n weten­skaplike benadering. Jy het 'n ervare bouer of kontrakteur nodig vir die fondasie wat swaar vragte, geboue en silo's moet dra,” het /Uxamb in Julie verduidelik.

Volgens hom is baie van die toerusting wat uit China ingevoer is die “jongste ontwerpe” en baie daarvan moes op die perseel aanmekaargesit word.

Hiervoor is die Chinese werkers “spesifiek opgelei” by Sinoma se instituut vir navorsing en ontwerp in China.

Boonop moes die projek binne 'n kort tydperk voltooi word en dit was nog 'n rede vir die werwing van Chinese werkers, het hy gesê.

/Uxamb het verlede week gesê sowat 500 Namibiërs sal op die lange duur in diens geneem word, terwyl die Chinese werkers “uitgefaseer sal word” ná konstruksie voltooi is.

Hy het bygevoeg: “Sinoma spesialiseer in sementkonstruksie en geen Namibiër het die vaardighede om 'n moderne sementaanleg te bou nie. Om dié rede het Whale Rock Cement Sinoma aangestel wat kenners op hierdie gebied is.”



KONSTRUKSIETYD BESPOEDIG

Volgens /Uxamb wil die maatskappy die konstruksietydperk bespoedig sodat die aanleg met produksie kan begin en “Namibiërs hul regmatige werkgeleenthede” kan kry.

“Ons moet 'n toegewyde werksmag hê om onverpoos te werk en by die nuwe skedule te hou sodat eersdaags met produksie begin kan word.”

Die Chinese werkers word tydelik op die perseel by Farm Cleveland gehuisves.

Inwoners van Otjiwarongo was egter ontevrede hiermee en voel die werkers moes eerder op die dorp gehuisves word sodat Otjiwarongo ekonomies hierby kon baat.

Volgens /Uxamb bly die werkers om veiligheidsredes en vir beter beheer op die plaas, asook weens taalprobleme.

Dit vergemaklik ook skofte van 24 uur en algemene bestuur.

/Uxamb, voormalige uitvoerende hoof van die Otjiwarongo-­munisipaliteit, sê die dorp trek reeds ­ekonomiese voordeel uit goedere en dienste wat hier aangekoop en gebruik word.



MARMERGROEF

In 2007 het die projek mineraleregte op 1 004 ha van Farm Cleveland vir 15 jaar tot 2022 bekom vir industriële minerale (ML146) sodat 'n kalksteen- en marmergroef ontwikkel kan word.

Die marmer gaan uit 'n oop groef ontgin word.

Tydens 'n beplanningsvergadering in Augustus 2006 is gesê die gebrek aan vaardighede sal getroef word deur mense tydens die konstruksiefase in diens te neem wat in Brasilië opgelei sal word om met hul terugkeer werksaamhede by die fabriek te bestuur.

'n Eerste omgewingsklaringsertifikaat is in 2007 uitgereik, maar weens 'n gebrek aan beleggings in daardie stadium, is die implementering daarvan tot 2015 uitgestel toe 'n beleggingsooreenkoms met Chinese Asië- en Afrika-sakebestuur (XIAN) aangegaan is.

'n Tweede omgewingsklaringsertifikaat is uitgereik, en die Otjiwarongo-munisipaliteit en Otjozondjupa-streeksraad het die projek toe verwelkom.



HERVESTIGINGSPLAAS

Farm Cleveland is deur die regering vir hervestigingsdoeleindes gekoop, maar is later aan die Otjiwarongo-munisipaliteit oorhandig.

Dit is nie duidelik wat die ooreenkoms tussen die munisipaliteit en Whale Rock Cement oor die gebruik van die betrokke gedeelte van die plaas is nie.

Nie een van die betrokke partye het op navrae in dié verband gereageer nie.

Die munisipaliteit het egter in Februarie uitsettingsbevele op 32 gesinne bedien wat sedert 2006 en 2007 onwettig op die plaas woon.

Volgens die omgewingsbestuurplan sal US$350 miljoen in die projek belê word en die ekonomiese voordele sal onder meer die instoot van “meer as US$30 miljard” in die volgende 40 jaar in die Namibiese ekonomie behels.

Kommentaar

Republikein 2024-04-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Aston Villa 2 vs 2 Chelsea | Everton 1 vs 0 Brentford | Wolves 2 vs 1 Luton Town | Fulham 1 vs 1 Crystal Palace | Manchester United 1 vs 1 Burnley | Newcastle 5 vs 1 Sheffield United | West Ham 2 vs 2 Liverpool | Brighton 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Atletico Madrid 3 vs 1 Athletic Club | Deportivo Alaves 3 vs 0 Celta Vigo | Almería 1 vs 3 Getafe | Las Palmas 0 vs 2 Girona | Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: SS Lazio 1 vs 0 Hellas Verona | Juventus 0 vs 0 AC Milan | Lecce 1 vs 1 Monza | Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United English Championship: Hull City 3 vs 3 Ipswich Town | Millwall FC 1 vs 0 Plymouth Argyle | Blackburn Rovers 0 vs 0 Coventry City | Watford 1 vs 0 Sunderland | Bristol City 2 vs 0 Rotherham United | Huddersfield Town 1 vs 1 Birmingham City | Sheffield Wednesday 3 vs 0 West Bromwich Albion | Norwich City 2 vs 2 Swansea City | Cardiff City 1 vs 4 Middlesbrough | Southampton 0 vs 1 Stoke City | Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:40, High tide: 05:39, Low Tide: 23:58, High tide: 18:14 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:37, Low Tide: 23:56, High tide: 18:12 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:38, High tide: 05:36, Low Tide: 23:56, High tide: 18:11 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026