Chinese smokkelaar vlug
’n Chinese burger wat in Februarie verlede jaar in hegtenis geneem is vir die onwettige besit van renosterhorings en perlemoenprodukte het op die vlug geslaan.
Mnr. Zhi Geng, wat Maandag (11 September) in die landdroshof in Windhoek moes verskyn, het nie by die hof opgedaag nie. Sy prokureur, mnr. Kadhila Amoomo, het nie geweet waar sy kliënt hom bevind nie.
“Ek het verskeie kere probeer om gedurende die loop van die dag met hom in verbinding te tree, maar sy selfoon was buite bereik,” het Kadhila aan landdros Celma Amadhila gesê toe hy gevra is om sy kliënt se afwesigheid te verduidelik.
As gevolg hiervan is ’n lasbrief vir Zhi se inhegtenisname onmiddellik uitgereik en sy borggeld van N$250 000 is aan die staatskas verbeurd verklaar.
Indien Zhi op 25 September by die hof opdaag vir die verhoor en ’n redelike verduideliking vir sy afwesigheid van Maandag se hofverrigtinge kan verskaf, sal die verbeurdverklaring van sy borggeld omgekeer word.
Intussen is Zhi se Namibiese medepligtige, mnr. James Barron Wallace, wat wel vir die hofverrigtinge opgedaag het, meegedeel die verhoor sal op 31 Januarie 2018 begin en sal tot 1 Februarie voortduur.
Wallace, wat op borgtog van N$30 000 uit is, se borgtog sal tot die volgende hofverskyning verleng word.
Wallace word deur die Windhoekse prokureur Norman Tjombe verteenwoordig.
Die twee mans het op 24 Februarie vanjaar voorlopig onskuldig gepleit op die klagte teen hulle in terme van artikel 119 van die Strafproseswet van 1977.
Zhi is aangekla van die onwettige handel en besit van ongeveer 1,15 kg renosterhorings wat nagenoeg N$91 000 werd is.
Hy is op 2 Februarie verlede jaar by ’n huis in Ludwigsdorf in hegtenis geneem. Die renosterprodukte in sy besit was in klein stukkies gesny, vermoedelik sodat dit maklik uit die land vervoer kon word.
Die polisie het ook dokumente gevind wat aandui die beskuldigdes het ’n besending van ongeveer 94 kg perlemoen ter waarde van N$235 000 ingevoer sonder die vereiste geldige dokumentasie.
Perlemoenprodukte sluit ook ander winsgewende seevisseryprodukte soos klein seeslakke tot groot eetbare slakke en skulpvis in.
Staatsaanklaer Laura Mabuku Ntelamo tree namens die staat op. - Nampa
(Hierdie berig is op Donderdag 14 September 2017 gewysig om die regstelling te maak dat mnr. James Barron Wallace alleen teregstaan op klagte in verband met die beweerde onwettige besit van perlemoenprodukte. Hy is nie aangekla vir die onwettige besit van renosterhoring nie. - Redakteur)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie