'Chinese ry nie staatsbakkie in park'
Die ministerie van die omgewing en toerisme ontken ten sterkste dat 'n Chinees agter die stuur van 'n regeringsbakkie in 'n nasionale park was.
Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het vandag in 'n mediaverklaring alle beweringe van 'n stemnota in Oshiwambo ontken wat gister op sosiale media rondgestuur is.
In die stemnota word beweer dat 'n Chinese burger Maandag met 'n wit bakkie met die registrasienommer GRN 31298 in 'n nasionale park gery het.
"Daar is geen Chinese burgers wat in ons parke of natuurreservate werk of in regeringsvoertuie rondry nie. Ons nasionale parke is ook nie aan die Chinese verkoop nie," benadruk die woordvoerder.
"Al hierdie beweringe is vals en propaganda om die beeld van ons regering skade te berokken."
Muyunda het bevestig dat die voertuig aan die ministerie behoort en by Halali in die Etosha Nasionale Park gebaseer is.
"Die voertuig is Maandag deur 'n natuurbewaarder na Tsumeb op 'n amptelike reis bestuur. Die voertuig is nooit deur 'n ander persoon op die dag bestuur nie."
Hy sê die die voertuig is wel deel van 'n skenking in 2017 van 35 voertuie deur die Chinese rergering ter ondersteuning van bewaring waaroor die media destyds berig het.
"Volgens normale praktyke kan die skenker kies om hul handelsmerk op geskenkte items te plaas. In die geval is China Aid op die deure van die voertuie aangebring," verduidelik Muyunda.
Voertuie en toerusting wat deur ander organisasies soos GIZ, KfW en die Amerikaanse regering geskenk is, dra ook hul handelsmerke, sê hy.
Ter afsluiting het Muyunda gesê Namibië se 20 nasionale parke word almal deur die regering besit en deur die ministerie bestuur.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie