Chinese ry glo met staatskarre in park
Twee weermagvoertuie met Chinese burgers in is na bewering deur 'n lid van die publiek in Etosha gesien.
Francoise Steynberg - Die ministerie van die omgewing en toerisme ontken ten sterkste dat 'n Chinees agter die stuur van 'n regeringsbakkie in 'n nasionale park was.
Die woordvoerder, mnr. Romeo Muyunda, het gister 'n mediaverklaring alle bewerings van 'n stemnota in Oshiwambo ontken wat Dinsdag op sosiale media versprei is.
In die stemnota word beweer dat 'n Chinese burger Maandag met 'n wit bakkie met die registrasienommer GRN31298 in 'n nasionale park gery het.
"Daar is geen Chinese burgers wat in ons parke of natuurreservate werk of in regeringsvoertuie rondry nie. Ons nasionale parke is ook nie aan die Chinese verkoop nie," benadruk die woordvoerder.
"Al hierdie bewerings is vals en propaganda om die beeld van ons regering skade te berokken."
Muyunda het bevestig dat die voertuig aan die ministerie behoort en by Halali in die Etosha Nasionale Park gebaseer is.
"Op 4 November is die voertuig deur 'n natuurbewaarder na Tsumeb op 'n amptelike reis bestuur. Die voertuig is nooit deur 'n ander persoon op die dag bestuur nie."
Hy sê die voertuig is wel deel van 'n skenking in 2017 van 35 voertuie deur die Chinese regering ter steun van bewaring, waaroor die media destyds berig het.
"Volgens normale praktyke kan die skenker kies om hul handelsmerk op geskenkte items te plaas. In die geval is China Aid op die deure van die voertuie aangebring," verduidelik Muyunda.
Voertuie en toerusting wat deur ander organisasies soos GIZ, KfW en die Amerikaanse regering geskenk is, dra ook hul handelsmerke.
Muyunda het gesê Namibië se 20 nasionale parke word almal deur die regering besit en deur die ministerie bestuur.
'CHINESE IN NDF-VOERTUIE'
Intussen het 'n leser van Republikein, me. Bianca Basson van Windhoek, gister foto's van twee voertuie met registrasienommers van die Namibiese weermag (NDF) gestuur wat sy glo op 26 Oktober in die Etosha Nasionale Park geneem het.
"Ek het hierdie twee NDF-voertuie met Chinese in Etosha gekry. Dit was vir my baie verdag," skryf Bosman.
Navraag is laat namiddag by Muyunda gedoen wat teen druktyd geantwoord het dat die foto's deur die ministerie ondersoek word.
"Dit is moeilik om die bewerings te verifieer, omdat jy nie mense in die voertuig op die foto kan sien nie. Daar is niks op die foto's wat die bewerings staaf nie," het hy gesê.
"Ons is besig om uit te vind of dié voertuie aan sekuriteitspersoneel in die park toegeken is."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie