Chinese ruimtevaarders by Staatshuis

Karin Eloff
Die Chinese ruimtevaarders me. Liu Yang en mnr. Chen Dong het Donderdag saam met die Chinese ambassadeur in Namibië, amb. Zhang Yiming, by Staatshuis besoek aan president Hage Geingob gebring. Liu is die eerste Chinese vroueruimtevaarder. Chen was lid van China se langste bemande ruimtevlug van 33 dae. Geingob het dié twee in 2018 tydens 'n amptelike besoek aan China ontmoet. Chen het gesê: “Ek het dikwels in die ruimte die pragtige woestyn en Namibiese kuslyn gesien, en gedink aan 'n besoek daar. Vandag is my droom bewaarheid. Ek het hier aangekom en gesien die natuurskoon is nog mooier as wat ek vanuit die ruimte kon sien.” Liu het Namibië se vriendskap met China geprys en die belang van die ruimteopsporingstasie op Swakopmund genoem. Volgens haar is China van plan om in 2022 'n ruimtestasie te bou waarby ander lande betrek kan word. Sy sien daarna uit om saam met 'n Namibiese ruimtevaarder daarop te werk en vlieg. Hier groet Geingob vir Liu tydens die besoek. Foto Augetto Graig

Kommentaar

Republikein 2025-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer