Chinese regering voltooi jeugopleidingsentrum
Maria Eiseb
Die Nasionale Jeugraad (NYS) het onlangs 'n sooispitseremonie vir die bou van die tweede fase van die jeugopleidingsentrum op Rietfontein, in die Otjozondjupastreek, gehou.
Dié fase beloop N$176 miljoen, wat deur die Chinese regering geborg is.
Tydens die verwelkoming het mnr. Otto Ipinge, streeksgoewerneur, gesê die opleidingsentrum lê die grondslag vir ekonomiese ontwikkeling en hulle verwelkom die uitbreiding daarvan.
“Al sal dit vir 'n kort tydjie wees, sal die projek armoede-uitwissing ondersteun omdat dit werk sal verskaf,” het Ipinge gesê.
Mnr. Liu Huambo, kommersiële raadslid vir China se ambassade, het tydens die seremonie gesê die Chinese regering waardeer hul vriendskap met die Namibiese regering en heg waarde aan die wedersydse samewerking tussen die twee lande. Mnr. Jerry Ekandjo, minister van sport, jeug en nasionale diens, het die eerste minister tydens die geleentheid verteenwoordig en het gesê daar is verskeie redes vir werkloosheid in Namibië.
Hy het gesê werkgewers soek mense met die meeste vaardighede en stel hulle aan. “Met opleiding kan jy iemand bloot afrig om kleiner werkies te doen, maar as jy vaardighede het, kan jy groter werk aanpak.”
Skoolverlaters se dilemma is dat hulle oor vermoëns beskik, maar nie vaardighede het nie, en werkgewers neem hulle dan in diens teen min vergoeding, het Ekandjo gesê.
Volgens hom is die NYS in 2007 onder meer gestig om die jeug van opleidingsgeleenthede te voorsien en om werkgeleenthede te skep.
Hy het voorts gesê die jeug moet as vrywilligers aan nasionale ontwikkeling deelneem. Die regering sal jongmense deur middel van die nuwe sentrum help om deel van opleidingsprogramme te wees, het Ekandjo gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie