Chinese kooptransaksie van Ohorongo gestop
Augetto Craig - Die Namibiese Mededingingskommissie het pas aangekondig dat hy nie die kooptransaksie van Schwenk Namibia se Ohorongo Cement deur West China Cement van China sal toelaat nie.
Die rede hiervoor, sê die kommissie, is omdat dit tot koördinasie tussen Ohorongo Cement en Whale Rock Cement, wat handel dryf as Cheetah Cement, sal lei.
Die kommissie sê dit sal tot 'n drastiese vermindering of die voorkoming van kompetisie in die plaaslike sementbedryf lei. Boonop sal dié koördinasie tot groter dominansie en die beoefening van markkragte tot die nadeel van verbruikers lei, is gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie