Chinese 'koop kontrakte' met lening aan RCC
Die kontrak wat voorgehou is as 'n poging om die maatskappy van sluiting te red, word nou betwis.
Catherine Sasman
Die minister van finansies, mnr. Calle Schlettwein, sê wetlike bepalings is “heeltemal verontagsaam” in die leningsooreenkoms van N$570 miljoen wat die Paaiekonstruksiemaatskappy (RCC) met die Chinese maatskappy Jiangsu Nantong Sanjian (Pty) Ltd. aangegaan het.
Schlettwein het sy uitlatings bevestig wat aanvanklik gemaak is toe die kontrak gesluit is.
Die kontrak is onwettig omdat die bepalings van die wet op staatsfinansies, die wet op openbare en private vennootskappe en die nuwe wet op openbare verkryging nie nagekom is nie.
Afgesien hiervan het Schlettwein verlede Woensdag gesê daar is nie vir al die padkontrakte wat in die leningsooreenkoms aangedui word, begroot nie.
“Ons moet tot aksie oorgaan, en daarom het ons die prokureur-generaal se kantoor om raad genader. Ons is verplig om dit te doen wanneer direksies nalatige besluite neem,” het hy gesê.
Volgens Schlettwein sal die kontrak, wat reeds onderteken is, ter syde gestel moet word indien bewys word dit is onwettig aangegaan.
“Indien daar finansiële implikasies is, moet die verantwoordelike partye aanspreeklik gehou word. Daar moet gevolge wees,” het hy bygevoeg.
'oplossing'
Mnr. Fritz Jacobs, voorsitter van die RCC-direksie, het glo gesê die leningsooreenkoms is 'n “selfonderhoudende oplossing wat nie op regeringswaarborge sal staatmaak nie”.
Hy het volgens berigte ook aangedui die kontrak is 'n poging om die sluiting van die RCC te verhoed.
Bronne het gesê dit impliseer die Chinese maatskappy kwalifiseer outomaties vir tenders.
Dit sou beteken die leningsooreenkoms behels eintlik die skaars verbloemde “koop van kontrakte”, het Schlettwein gesê.
Hy het bewerings ontken dat die ministerie van finansies geld van die RCC weerhou het.
Hy sê geld is aan alle projekte toegeken waarvoor behoorlik rekenskap gegee is.
Schlettwein het ontken hy en die minister van staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, wil die RCC sluit.
Hy sê hy het wel voorspraak gemaak daarvoor dat die staatsonderneming hersien word.
“Wat ons hier het, is 'n entiteit wat op 'n maandelikse basis 'n finansiële reddingsboei nodig het en nie eers sy werknemers kan betaal nie.
“Die RCC se dienste aan die staat is dikwels duurder as dié van private maatskappye. Hier is 'n entiteit wat die staat geld kos. Ons moet die onderneming se bestuur hersien en hoe staatsgeld bestee word. Tans is dit nie volhoubaar nie. Ek het egter nooit gesê dit moet sluit nie,” het Schlettwein gesê.
aantygings
Schlettwein sê ook enige aantygings dat hy 'n persoonlike belang in die sluiting van die RCC het, is kwaadwillig.
Jacobs het nie gereageer op vrae wat aan hom gestuur is nie, en ook nie op SMS'e of telefoonoproepe nie.
Minister Jooste het alle navrae na die ministerie van werke en vervoer verwys, wat vir die RCC verantwoordelik is.
Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, was op siekverlof en het teen druktyd nie op vrae gereageer nie.
Die RCC se status bly egter onseker omdat die wetsontwerp op die onderneming se geregtelike bestuur, wat die eerste stap is om die staatsonderneming onder geregtelike bestuur te plaas, nog in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê moet word.
Die wetsontwerp is wel reeds deur die kabinetskomitee belas met oorhoofse beleid en prioriteite voorgestel.
OP SOEK NA GELD
Dit is nie die eerste keer dat die RCC, onder Jacobs se leierskap, op soek is na finansiering vir die beleërde staatsonderneming nie.
Die onderneming het in 2016 vir private ondernemings se belangstelling in sy kapitale projekte gevra.
Een private onderneming wat aangedui het hulle stel belang, was 'n onbekende entiteit van mnr. Thomas Nakasole, genaamd TN Investments.
Die voormalige waarnemende uitvoerende hoof van RCC, mnr. Tino !Hanabeb, het in 'n brief aan Nakasole aangedui die RCC benodig meer as N$5 miljard om sy projekte te finansier.
Volgens !Hanabeb se brief aan Nakasole het dié projekte N$300 miljoen vir vlottende kapitaal, N$440 miljoen vir die vervanging van die ou RCC-aanleg, N$161 miljoen vir die 245 kilometer lange Gobabis-Aminuis-Aranos-pad, N$321 miljoen vir 'n 105 kilometer lange pad tussen Khorixas en Kamanjab, N$225 miljoen vir instandhoudingsprojekte en N$90 miljoen vir 'n beplanningstelsel vir die onderneming se bronne ingesluit.
Dit het ook N$800 miljoen vir die konstruksie van die gemengde gebruik RCC-plaza, N$900 miljoen vir 'n waterfront- en marina-ontwikkeling by die Walvisbaaise hawe, en 'n versoek vir N$2 miljard se finansiering vir “regeringspadbouprojekte” ingesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie