Chinese bouer beloof verbeterde veiligheid
Tweede sterfte binne vier maande
Maria Eiseb - Ná ’n noodlottige ongeluk wat op 8 Augustus die lewe van nog ’n werker geëis het, het New Era Investments aan Republikein die versekering gegee dat veiligheidsmaatreëls by die onderneming se werkspersele opgeskerp sal word.
In Maart het ’n ongeluk waar hierdie kontrakteur die nuwe, nasionale hoofkwartier vir die Namibiese polisie in Windhoek oprig, ook tot ’n sterfte gelei.
Volgens mnr. Erick Xu, hoofbestuurder van New Era Investments, sal waar nodig veranderinge aan veiligheidspraktyke aangebring word.
‘SWAK BOUWERK’
Mnr. Lukas Shaviyele (45) het verlede Maandag gesterf toe ’n ysterpyp wat van die vyfde vloer geval het, hom teen die agterkop getref het. Shaviyele het op die steiers op die tweede vloer gewerk.
Tydens ’n besoek aan die perseel was mnr. Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), uiters ontsteld. “Ons het Basters wat beter en gehalte bouwerk doen. Julle kan julle goed pak en teruggaan,” het hy aan mnr. Archer Gao van New Era Investments gesê.
Volgens Muniaro is Chinese konstruksiemaatskappye kansvatters wat werkers se lewens in gevaar stel.
Hy het aangevoer daar is sowat vier maande gelede, ná die eerste ongeluk, versoek dat veiligheidsmaatreëls verbeter word. “Hulle sê net vir ons dit is veilig, terwyl dit nie die geval is nie,” het Muniaro gesê. Volgens hom word byvoorbeeld skuthelms vir sementwerk eerder as vir konstruksiewerk gebruik.
Die vakbond voer ook aan dat daar geen veiligheidsinspekteur op die perseel aan diens is nie.
Volgens Xu is werkers se lewens kosbaar, maar wat gebeur het, het gebeur. Xu bestempel dit as bloot ’n ongeluk.
Werkers van New Era Investments is volgens hom lede van die Namibiese Bouwerkersunie (Nabwu), wat nie aan die NUNW geaffillieer is nie. “Ons het ’n goeie verstandhouding met die vakbond waarvan ons werkers lede is,” het hy gesê.
Werkers word volgens Xu oor veiligheid opgelei en wetlik voorgeskrewe gesprekke oor veiligheid vind ook plaas. Beamptes van die ministerie van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, en dié van nywerheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, het volgens Xu die perseel besoek en aanbevelings wat van die owerheid ontvang word, sal geïmplementeer word.
“Ons wil ongelukke in die toekoms vermy”, het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie