Chinees met 18 horings betrap
Nadat vier Chinese burgers onlangs vir 14 jaar tronk toe gestuur is toe hulle meer as twee jaar gelede met 14 renosterhorings op die Internasionale Lughawe Hosea Kutako gevang is, het ''n Chinese man dié keer verby padblokkades en skandeerders geglip en is hy eers op O.R. Tambo in Johannesburg...
Francoise Steynberg - ''n Chinese burger is Woensdag op die Internasionale Lughawe O.R. Tambo in Johannesburg met 18 renosterhorings in sy besit betrap nadat hy op ''n vlug vanaf Windhoek was.
Die gewig van die horings is sowat 43 kg en die 28-jarige man het om 06:40 vanaf die Internasionale Lughawe Hosea Kutako met ''n Suid-Afrikaanse Lugdiens-vlug gevlieg. Hy sou via Johannesburg na Hongkong gevlieg het met sy eindbestemming Fuzhou in die Fujian-provinsie, in suidoostelike China.
Die woordvoerder van die polisie, komm. Edwin Kanguatjivi, het die voorval gister aan Republikein bevestig.
Die Chinese man het volgens sy bagasie-etikette in besigheidsklas met vlug SA73 om 06:40 na OR Tambo gevlieg. Daarna sou hy met vlug SA286 om 17:55 na Hongkong vlieg en dan na sy eindbestemming met vlug KA286 om 17:35 (Hongkong-tyd) na Fuzhou.
Volgens die webtuiste van die Suid-Afrikaanse polisiediens het die Valke die man Woensdagmiddag op O.R. Tambo betrap. Dit bevestig hy was van Namibië afkomstig en onderweg na Hongkong. Hy was op pad om op ’n vliegtuig van die Suid-Afrikaanse Lugdiens na Hongkong te klim toe die Valke se eenheid vir ernstige georganiseerde misdaad hom voorgekeer en sy reistasse deursoek het.
Die Valke het op die 18 horings afgekom en hy is onmiddellik in hegtenis geneem. Die horings was in sy reistasse verseël en die waarde beloop mijoene.
Die verdagte verskyn vandag in die hof in Kempton Park. Hy sal van die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur wat bedreigde spesies reguleer, aangekla word.
Op ''n vraag aan Kanguatjivi hoe die Chinees verby padblokkades en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako se skandeerders kon glip, het hy geantwoord: "Dit is ''n skande!"
Kanguatjivi het bevestig dat ''n polisieondersoek aan die gang is oor wie aan diens was by die skandeerders op die lughawe toe die Chinese man se bagasie deurgeglip het.
Vier Chinese mans was op 23 Maart 2014 nie so gelukkig nie en is met 14 renosterhorings en ''n gebreide luiperdvel in hul twee tasse op die lughawe betrap.
Landdros Alexis Diergaardt het op 30 September in die Windhoekse streekhof gevangenisstraf aan die vier opgelê sonder die keuse van ’n boete. Sy het Li Xiaoliang (32), Li Zhibing (55) en Pu Xeuxin (51) elk tot 14 jaar gevangenisstraf, waarvan 30 maande opgeskort is vir vyf jaar, gevonnis. Wang Hui (41) se vonnis was ook 14 jaar gevangenisstraf, waarvan 28 maande vir vyf jaar opgeskort is.
Voorts het die ministerie van die omgewing en toerisme Woensdag bevestig dat sewe renosterkarkasse wat gestroop is November in die Etosha Nasionale Park gevind is.
Dit bring die totale getal renosters wat vanjaar in die land gestroop is op 47 te staan. Volgens die ministerie is altesaam 69 olifante tot dusver in 2016 in Namibië gestroop, waarvan die meerderheid in die Kavango-Oos- en Zambezistreek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie