Chinees kry borgtog in reusebedrogsaak
Chinees kry borgtog in reusebedrogsaak

Chinees kry borgtog in reusebedrogsaak

Die vyfde beskuldigde in die bedrog- en geldwasserysaak van N$3,5 miljard het gister vlugtig in die hof verskyn.
Jacqueline Louw
Jacqueline Louw - Die bekende Chinese sakeman mnr. Jack Huang is gister op borgtog van N$1 miljoen vrygelaat nadat hy Woensdag by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako in hegtenis geneem is.

Dit hou verband met die belastingontduiking-, bedrog- en geldwasserysaak van N$3,5 miljard wat die staat tans ondersoek.

Huang is elders deur die media as ’n sakevennoot en hegte vriend van pres. Hage Geingob bestempel.

Huang het gisteroggend ’n dringende aansoek in die Windhoekse hoërhof voor regter Shafimane Ueitele gebring. Daarin het hy aansoek gedoen vir sy onmiddellike vrylating uit polisieaanhouding en dat die Namibiese polisie daarvan weerhou moet word om hom weer in hegtenis te neem. Huang het ook versoek dat die lasbrief vir sy inhegtenisneming ter syde gestel word.

Die partye het egter die saak onderling geskik. Ueitele het ’n bevel uitgereik dat die saak tussen die partye geskik is ingevolge bepalings soos deur die partye ooreengekom.

In sy eedsverklaring wat voor die hof gedien het, sê Huang hy het ’n permanente verblyfpermit vir Namibië en is ’n wetsgehoorsame burger. Hy sê voorts hy het miljoene in Namibië belê en ook verskeie Namibiese studente se mediese studies in China geborg.

Hy was op pad na Luanda in Angola om ’n groot saketransaksie te beklink toe hy in hegtenis geneem is.

Huang is deur sy regsverteenwoordiger, mnr. Sisa Namandje, geadviseer dat sy inhegtenisneming en aanhouding onwettig en ongeldig was, Dít onder meer omdat die landdros in Windhoek die lasbrief uitgereik het sonder dat hy van ’n eedsverklaring voorsien is wat aandui daar is ’n redelike vermoede Huang het bedrog of enige geldwassery-misdrywe gepleeg.

In ’n daaropvolgende verskyning in die Windhoekse landdroshof is borgtog van N$1 miljoen aan Huang toegestaan. Die borgtogvoorwaardes bepaal hy moet een keer per week by die Windhoek-polisiekantoor aanmeld, sy reisdokumente aan die ondersoekbeampte oorhandig, toestemming van die ondersoekbeampte verkry indien hy wil reis en dat hy nie met getuies of die ondersoek inmeng nie.

MEDEBESKULDIGDES

Vier ander beskuldigdes, mnre. Laurensius Julius, Tao Huizhong, Huang Jinrong en Zhu Honggang, is in Desember verlede jaar in verband met dieselfde saak in hegtenis geneem.

Zhu is op 22 Desember op borgtog van N$500 000 in vrygelaat. Julius, Tao en Huang Jinrong is op 23 Januarie borgtog van N$1,5 miljoen elk toegestaan.

Dié vier mans staan tereg op ’n klag dat hulle die minister van finansies onder valse voorwendsels bedrieg het deur voor te gee om goedere in te voer terwyl daar na bewering geen goedere was nie, asook ’n tweede klag van geldwassery deurdat geld vanuit Namibië na die buiteland oorbetaal is wat deur onwettige bedrywighede verkry is.

In die borgtogaansoek van Julius, Tao en Huang Jinrong het mnr. Roy Waligora, ’n forensiese rekenmeester van die ouditeursfirma KPMG, getuig nagenoeg 1 600 buitelandse valuta-transaksies word met Julius se maatskappy, Extreme Customs Clearing Services (XCCS), en die firma Organised Freight Services verbind. Hy het verder getuig N$3,5 miljard is vanaf die begin van 2013 tot aan die einde van 2016 deur XCCS by Nedbank inbetaal om aan buitelandse maatskappye oorbetaal te word.

Betalings is glo gemaak vir goedere ter waarde van US$313 miljoen wat na bewering na Namibië ingevoer is. Die totale waarde van dié goedere op fakture wat by doeane-owerhede ingedien is, dui slegs ’n bedrag van ongeveer US$15 miljoen aan.

Waligora het getuig die verskil in waarde van die ingevoerde goedere en die betalings wat aan buitelandse verskaffers gemaak is, kan dui op ’n onderverklaring van die waarde van ingevoerde goedere en die doeaneproses sodoende misbruik is.

Hy het gesê dit kon ook vir geldwasserydoeleindes wees deurdat betalings aan verskaffers in China kunsmatig verhoog is met die doel om buitelandse valuta uit Namibië te stuur sonder om aan buitelandse valuta-regulasies te voldoen.

Die verhoor van die N$3,5 miljard bedrog- en geldwasserysaak sal op 16 Februarie in die Windhoek-landdroshof hervat.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.38 | EUR to NAD 20.08 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.83 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.83 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 333.19/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.51/lb DOWN -0.001 | Zinc US$ 2 827.10/T DOWN -0.96% | Brent Crude Oil US$ 88.83/BBP DOWN -0.0008 | Platinum US$ 910.63/OZ DOWN -0.0057