China se grootste politieke saamtrek begin in Beijing
Die Chinese Kommunistiese Party vergader in die hoofstad Beijing om oor beleidsake te beraadslaag en nuwe leierskap aan te wys.
Pres. Xi Jinping van China het sy land se grootste politieke byeenkoms, die kongres van die Kommunistiese Party, wat Dinsdag onder streng sekuriteit in Beijing begin het, vir sowat twee uur lank toegespreek, berig die BBC.
Sowat 2 000 afgevaardigdes is teenwoordig by die kongres, wat elke vyf jaar gehou word, en wat aanstaande week eindig met die verkiesing van 'n nuwe staande komitee van die Politburo wat vir die volgende vyf jaar China se 1,4 miljard inwoners sal regeer, berig Reuters.
Xi het China se ekonomiese prestasies, insluitende die opheffing van 60 miljoen mense uit armoede, die verbetering van lewenstandaarde, onderwys, en die verbetering van die wet, orde en nasionale veiligheid in sy toespraak uitgelig, berig CNN.
Xi het gesê hy is tevrede met sy party se welslae, waaronder ook sy teenkorrupsieveldtog. Hy meen die feit dat hy korrupsie 'n nekslag toegedien het, was 'n kenmerk van sy leierskap wat op alle vlakke van die party deurgevoer is.
“Daar was onverdraagsaamheid in die stryd teen korrupsie,” het hy gesê.
Die BBC berig dat Xi in sy toespraak ook kortliks China se twee-fase-plan om teen 2050 sosialistiese modernisme te bereik, beskryf het.
Xi het bygevoeg dat China nie sy deure “vir die wêreld sal sluit nie” en hy het verdere ekonomiese hervorming belowe. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie