China red Oshakati-abbatoir

Chinese en Namibiese regering word ‘broers’
Yandi Du Plessis
Tuyeimo Haidula op Oshakati

Ningbo Agriculture Investment Group, ’n Chinese maatskappy, het ’n plaaslike maatskappy se hand gevat om beheer te neem oor die tweede grootste abbatoir in die land, wat in Oshakati geleë is.

Die Eloolo-abattoir is Donderdag amptelik deur mnr. Calle Schlettwein, die minister van landbou, water en bosbou, heropen nadat sy deure in 2016 gesluit het. Die Katima Mulilo abbatoir moes ook in 2016 sy deure sluit nadat Meatco uit die noordelike gemeenskaplike gebiede onttrek het.

Die abbatoir is in Julie verlede jaar tydelik heropen en daarna weer gesluit nadat die plaaslike maatskappy Kiat Investment Holding, wat die tender vir sy bestuur beklink het, finansiële probleme ervaar het. Ningbo verleen nou finansiële steun aan Kiat.

Schlettwein het gesê die heropening van die abbatoir dien as bewys van die regering se pogings om die waardeketting van beesvleis in noordelike Namibië te bestuur.

Hy het gesê MeatCo se onttrekking het ’n ontwrigting in die waardeketting veroorsaak, wat volgens hom ’n deurslaggewende komponent is van die ontwikkelingsprojek vir die waardeketting van beesvleis in die noordelike gemeenskaplike gebiede.

“Die heropening en operasionalisering van die abbatoir bring dus groot verligting vir boere in die noordelike gemeenskaplike gebiede wat weens hierdie uitdagings sedert 2016 nie hul beeste formeel kon bemark nie. Die opheffing van veeboere in dié gebiede is afhanklik van die boere se betrokkenheid by die formele hoofstroom-ekonomie,” het Schlettwein gesê.

Die minister het ook dié platform gebruik om aan te kondig dat die regering die abbatoirs van Outapi, Oshakati, Eenhana en Katima Mulilo opgeknap het, terwyl die opknappingswerk by die Rundu-abbatoir binnekort voltooi sal wees.

Schlettwein het bygevoeg die regering is ook besig om die kwarantynkampe in Omutambo Omawe, Oshivelo, Okongo, Kopano en Katima Mulilo op te knap om te verseker dat dié abbatoirs optimaal kan funksioneer.

“Die regering beplan om die Opuwo-slaghuis op te gradeer en die Bukalo-vleisverwerkingsfasiliteit op te rig, wat albei deur die Europese Ontwikkelingsfonds (EOF 11-projek) gefinansier sal word. Die regering is ook tans besig om die Ongwediva-vleisverwerkingsaanleg te bou en die enigste werk wat nog gedoen moet word, is om die fasiliteit toe te rus met verwerkingsmasjinerie en ander toerusting.”

Vir hierdie pogings om die verlangde resultate te lewer, sal boere moet onderneem om diere van gehalte te produseer en te bemark om die optimale deurvoer van hierdie fasiliteite te verseker. Volgens Schlettwein was dié kwessie in die verlede ’n probleem.

Net so, het hy gesê, moet die bestuurders van hierdie fasiliteite die aanbod vir boere aantreklik maak om hul diere deur middel van hierdie fasiliteite te bemark, deur winsgewende plaaslike en uitvoermarkte te ontwikkel. Die belangrikste is egter dat boere redelike en beter pryse vir hul diere moet kry, het hy gesê.

Mnr. Zhuang Caizeng, verteenwoordiger van Ningbo Agriculture Investment Group, het gesê die Chinese en Namibiese regerings se betrekkinge het onder leiding van die Swapo-party “van vriende tot broers” verander.

Caizeng het gesê Ningbo se belegging in landbou en veeteelt in Namibië is 'n goeie geleentheid vir die mense van die twee lande.

“Die mense van Zhejiang in China wil bees- en skaapvleis koop, en die inwoners van Namibië wil bees- en skaapvleis verkoop. As Ningbo-maatskappy vertrou ons dat ons saam met die landbouministerie noord-Namibiese beeste en skaapvleis na China sal uitvoer, die buitelandse valutareserwes vir die land sal vergroot en vele werkgeleenthede vir die mense sal skep. Met samewerking en die hardwerkendheid van die Namibiese mense, sal ons Namibië ’n eersteklasland maak,” het hy gesê.

Die huidige daaglikse kapasiteit van die abattoir is 70 en Caizeng het gesê hulle wil dit tot 250 verhoog. “Met die verhoogde kapasiteit verwag ons om 150 werknemers by die abbatoir aan te stel. Behalwe vir die abbatoir, beplan Ningbo om met plaaslike boere saam te werk om gras te kweek en beeste te teel om verdere werk- en sakegeleenthede vir Namibië te skep.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%