China, Namibië verstewig bande

Verhoogde sanksies teen 'n Chinese kontrakteur in ­Namibië weens steun aan Noord-Korea het Namibië en China nie ­verhoed om bande te verstewig nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Namibië en China het Maandag bilaterale betrekkinge verstewig te midde van verhoogde internasionale sanksiedruk teen een van die grootste Chinese konstruksiemaatskappye in die land.

Die nouer samewerking sluit in ooreenkomste vir ekonomiese en tegniese samewerking aan die snelweg tussen Windhoek en die Internasionale Lughawe Hosea Kutako, mens­like hulpbronontwikkeling by die Nasionale Beplanningskommissie, en 'n lewensvatbaarheidstudie vir die bou van vier nuwe skole in landelike gebiede.

Die drie dae lange staatsbesoek van China se eerste adjunkpremier, mnr. Zhang Gaoli, aan Namibië volg kort op die hakke van Japan se ­aan­kon­­diging Vrydag dat hy, net soos die VSA vroeër verlede week, die Chinese konstruksiereus Qingdao Con­struction Namibia met sanksies gaan straf vir sy bande met Noord-Korea.

Qingdao het, volgens die jongste verslag van die Verenigde Nasies (VN) se Veiligheidsraad, vier bou­projekte, asook 'n aantal werknemers en boumateriaal oorgeneem toe die Noord-Koreaners verlede jaar opdrag gekry het om Namibië te verlaat.

Die projekte sluit volgens inligting die bouwerk aan die nuwe ver­dedigingshoofkwartier in Suiderhof in.

Volgens die Veiligheidsraad se verslag het M.O.P. Architectural and Technical Services, deur wie Mansudae Overseas Projects Group of Companies (M.O.P.) in Pjongjang staatsprojekte van etlike miljard Namibiese dollar in die land gedoen het, met Qingdao onderhandel om sy projekte en werknemers oor te neem.

Die proses is deur M.O.P. Architectural and Technical Services se besturende direkteur, mnr. Kim Tong-chol (49), bewerkstellig.

Dit is om hierdie rede dat die nuwe vlaag sanksies deur die Amerikaanse tesourie en die Japanse regering ook teen Kim en M.O.P. in Namibië ingestel is.

Dit blyk verder uit die verslag dat Kim nou die adjunk- besturende ­direkteur van Qingdao is. Hy woon in Herbststraat 34 in Ludwigsdorf in Windhoek.



Staatshuis

Dit blyk uit tenderstatistiek wat deur Market Namibia se Tender Bulletin bygehou is dat Qingdao in Februarie 2008 in 'n advertensie in New Era geskoolde konstruksiewerkers gesoek het vir bouwerk aan die nuwe staatshuis in Auasblick.

Dié projek was een van Noord-Korea se grootste konstruksieprojekte in Namibië.

Qingdao, wat volgens die Federasie vir Konstruksiebedrywe in Namibië (CIF) se nuutste bedryfsgids 'n omset van tussen N$100 miljoen en N$200 miljoen per jaar het, se Namibiese filiaal is in 2008 gestig.

Van die groot tenders wat die af­gelope nege jaar aan Qingdao ­toegeken is, sluit in die nuwe ter­minaal by die Ondangwa-lughawe, fase 8 van die militêre basis op Keetmanshoop, die nuwe landdroshof en ­personeelwoning op Otjinene, die Hardapstreekraad se kantore op Rehoboth, personeelwonings by die Bosbounavorsingstasie by Ngoma, die opgradering van 'n akwa­kultuurprojek by Onavivi, fase 3 van die grenspos by Katwitwi en die weermag se maritieme gebou op Walvisbaai.

Dié inligting is ook vervat in statistiek wat deur die Tender Bulletin ­beskikbaar gestel is.

'n Oproep gister na die selfoon van mnr. Shaoquan Tang, hoof van Qingdao in Namibië, is deur 'n ene mnr. George beantwoord.

Volgens hom werk Shaoquan nie meer vir Qingdao nie. Hy kon nie verklaar waarom sy nommer as dié van Shaoquan in die nuutste gids van die Federasie vir Namibiese Konstruksiebedrywe (CIF) gelys is nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 418.07/OZ UP +1.69% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.03% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 089.03/OZ UP +2.58% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 418.07/OZ UP +1.69% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.03% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 089.03/OZ UP +2.58%