China lanseer bemande ruimtetuig
Gobiwoestyn
China het gister twee ruimtevaarders in die Sjenzhou-11 ruimtetuig op ‘n sending na die land se wentelende laboratorium gelanseer. China werk nou daaraan om sy eie ruimtestasie tot stand te bring.
Die ruimtetuig is vanaf die Jiuquan satellietlanseersentrum in die Gobiwoestyn gelanseer met ruimtevaarders, Jing Haipeng en Chen Dong aan boord. Dit sal hulle twee dae neem om die Tiangong-2 ruimtelaboratorium, of “Hemelse Parleis 2”, wat in September gelanseer is, te bereik.
Hulle sal vir 30 dae aan boord van die laboratorium bly, die langste wat Chinese ruimtevaarders in die ruimte was, om ruimtetuig-verwante tegnologie te toets en wetenskaplike- en ingenieurseksperimente uit te voer. Nampa/Xinhua

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie