Cheslin ploeg terug met Laureus-rol
Rugby
Die Springbok-vleuel en Wêreldbeker-wenner Cheslin Kolbe is pas as die jongste ambassadeur van die Laureus Sport for Good-stigting aangewys.
Die 27-jarige Kapenaar sluit hom aan by voormalige Springbokke soos Jean de Villiers, Schalk Burger en Bryan Habana, asook sy neef, die Olimpiese naelloper Wayde van Niekerk.
Banyana se afrigter, Desiree Ellis, en die Banyana-speler Amanda Dlamini is ook Laureus-ambassadeurs.
Verlede week het dié eer ook Dumisani Chauke, hulpafrigter van die Protea-netbalspan, te beurt geval.
Kolbe was ’n lid van die nasionale sewesspan wat in 2016 die bronsmedalje by die Olimpiese Spele verower het.
Hy het sy Bok-debuut in 2018 in die Rugbykampioenskap teen Australië in Brisbane gemaak en ’n week later sy eerste toetsdrie gedruk in die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks in Wellington.
Hy was ’n uitblinker en driedrukker in die Wêreldbeker-eindstryd teen Engeland in 2019 en het vanjaar geskitter vir sy Franse klubspan, Toulouse.
Chauke het basketbal en sokker gespeel voordat sy as tienjarige by netbal betrokke geraak het.
Sy het verskeie toetse vir die Proteas gespeel voordat sy ’n afrigter geword het. Sy was voorheen ook die hulpafrigter van die SA o.21’s.
Chauke het haar stigting bekend gestel by haar alma mater, die Mangangeni Primary School in Malamule, Limpopo, waar sy poog om meisies te bemagtig deur afrigting, lewensvaardighede en gemeenskapsprogramme.
• Laureus-ambassadeurs is ’n uitgelese groep huidige en voormalige sportlui, wat die hoogste sport in hul loopbane bereik het, maar ook aansienlike bydraes tot die sportgemeenskap gemaak het.
Hulle word gesien as rolmodelle en persone wat suksesvol is of was. Hulle werk as vrywilligers vir die stigting, wat daarna streef om sport te gebruik om van die wêreld se taaiste sosiale uitdagings waardeur jong mense in die gesig gestaar word – soos jeugmisdaad, bendes, MIV/vigs, diskriminasie, vetsug en ’n gebrek aan opvoeding – aan te pak.
Volgens die stigting het hy sedert sy ontstaan meer as €150 miljoen (sowat R2,5 miljard) ingesamel vir projekte om die lewens van miljoene jong mense te verbeter.
FOTO’s
Cheslin Kolbe ontduik Owen Farrell en versnel verby die stut Joe Marler om Suid-Afrika se tweede drie teen Engeland in die Wêreldbeker-eindstryd in 2019 te druk. Foto Getty Images
Dumisani Chauke

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie