Chelsea pos Frank Lampard as breier
Sokker
Die grootbase van Chelsea het besluit dat dié sokkerklub nie langer met Frank Lampard as afrigter kan voortgaan nie.
Lampard is Maandag gepos ná sy span, wat negende op die Premierliga se puntelys is, vyf van sy laaste agt wedstryde verloor het.
“Dit was ’n baie moeilike besluit vir die klub, veral omdat ek ’n uitstekende persoonlike verhouding met Frank het en hom geweldig respekteer,” het Roman Abramovich, Chelsea se eienaar, in ’n verklaring gesê.
“Hy is ’n man van groot integriteit en het die hoogste werketiek. Onder die huidige omstandighede voel ons egter dit sal beter wees om ’n ander afrigter te kry.”
Die klub het nog nie aangekondig wie by Lampard gaan oorneem nie, maar volgens bespiegelinge is Thomas Tuchel een van die gunstelinge.
Dié Duitser was nog tot onlangs Paris Saint-Germain in Frankryk se breier.
–Reuters, Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie