Cheetahs en Leeus gaan punte deel
Rugby
Owen Kock – Dit lyk nie of die Superrugby Unlocked-wedstryd tussen die Leeus en die Vrystaat-Cheetahs op ’n ander tyd gespeel sal kan word nie, omdat daar eenvoudig nie tyd is nie.
So sê Harold Verster, uitvoerende hoof van die Cheetahs, nadat die wedstryd Saterdag weens bykomende coronavirusgevalle onder die Leeus afgestel is, enkele ure voor die bestemde afskoptyd op Ellispark in Johannesburg.
Die Leeus was reeds sonder nege van hul gereelde spelers vir die wedstryd en Saterdagoggend was daar nog twee nuwe gevalle, wat daartoe gelei het dat die wedstryd afgelas is.
“Ons het reeds na die kalender en die toernooiskedule gekyk en dit lyk nie in hierdie stadium moontlik om hierdie wedstryd oor te speel of te herskeduleer nie. Die huidige posisie is dus dat elke span twee punte kry,” het Verster Maandag gesê.
Hy sê hulle het aanvanklik daaraan gedink om die wedstryd Dinsdag (27 Oktober) te speel, maar dit is uiteraard weens die omstandighede nie haalbaar nie.
Die Cheetahs was Saterdag in die spankamer in hul hotel in Johannesburg besig om voorbereidings te tref, toe hulle die nuus ontvang het. Hulle was reeds met die protokolle vir ’n wedstryddag besig.
“Die spelers was uiters negatief en teleurgesteld oor die situasie. Die feit is dat drie van die spelers ons ná die wedstryd sou verlaat, vir buitelandse en ander kontrakte, en dit was uiteraard vir hulle ’n moeilike dag om dit te aanvaar dat hulle nie weer vir die Cheetahs sal speel nie,” sê Verster.
“Benewens dit was dit die eerste wedstryd as kaptein vir Junior Pokomela, waarop hy homself baie deeglik voorberei het.
“Die span was regtig gereed om hierdie wedstryd met sukses aan te pak en die teleurstelling was baie groot.”
Die wedstryd is afgelas om eerstens die veiligheid van almal wat daarby betrokke sou wees te verseker, maar daar word tog gewonder of die stryd nie van meet af aan uitgestel moes gewees het nie.
“Die besluit was uiteraard in die belang van die spelers. Ons is onseker hoe die proses verloop het. Die huidige protokol is dat spelers op Dinsdae getoets moet word sodat die uitslae betyds gereed kan wees. Die spelers wat dan positief toets moet dan vir tien dae in kwarantyn gaan; die res van die spelers kan voortgaan en speel.
“Wanneer dan daarna weer gevalle opduik, moet dieselfde protokol gevolg word, naamlik, spelers moet in kwarantyn gaan en hulle kan nie verder deelneem vir tien dae nie, en die res moet dan aangaan.
“Daar moet in gedagte gehou word dat elke span groepe van tot en met 45 spelers het. Daar is ook junior spelers beskikbaar wat moontlik gebruik kan word.
“Ons o.21-span het in ’n stadium getoets en daar is op die Dinsdag uitgewys dat daar sewe spelers, sowel as die hoofafrigter, was wat positief getoets is.
“Die span het voortgegaan met die oorblywende aantal spelers, die wedstryd gaan speel in Johannesburg en die Leeus gaan klop in Ellispark. Ons vraag is dus hoekom hulle dit nou anders gehanteer het as wat ons situasie was – sodat mens ’n duidelike prentjie kry.” – Netwerk24
FOTO
Harold Verster, Cheetahs se uitvoerende hoof, sê daar is nie ’n ander tyd om die uitgestelde wedstryd te speel nie. Die Cheetahs en die Leeus gaan elk twee punte vir die wedstryd kry. Foto Gallo Images

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie