Charl boer met sy pen
Charl van Rooyen van Landbouweekblad gesels oor sy 28 jaar as landbouskrywer.
Ronelle Rademeyer - Hy geniet en verstaan die landboubedryf, sê Charl van Rooyen (65), artikelskrywer van Landbouweekblad. “Ek is lief vir landbou en ek is mal oor die boere.”
As gesoute landbouskrywer met 28 somers by Landbouweekblad agter die blad, het dié gesoute joernalis al honderde skoue bygewoon en derduisende foto’s van diere geneem.
Maar waar het dit begin? Charl het op ’n plaas grootgeword, landbou gaan studeer, sy meestergraad verwerf en 44 jaar gelede by Naspers begin werk – eers by Volksblad en later by Rapport. Daarna het hy deel geword van die Pretoria-redaksie van Landbouweekblad.
Hy is tans by die Windhoek Skou nadat hy die afgelope weke besoeke afgelê het by boere in die Suide en die skoue op Otjiwarongo, Grootfontein en Gobabis bygewoon het.
“Ek het al 6 000 km afgelê en tien artikels geskryf.” Nog is dit vir hom het einde niet. Hy gaan na afloop van die landboukongresse volgende week in Windhoek, op sy terugpad ook nog ’n boer in Botswana besoek.
Charl, wie se vrou 12 jaar gelede oorlede is, woon in Pretoria. Hy het drie seuns, ’n dogter en agt kleinkinders.
Oor wat hy die meeste van sy werk geniet, sê hy: “Ek hou meer daarvan om oor lewendehawe te skryf as akkerbou, hoewel ek meer kennis van saaiboerdery het.
“Ek dink die Brahmaan, Simmentaler en Simbra is ongelooflike rasse. Alhoewel, enige ras wat in hierdie toestande (in Namibië) oorleef, moet ’n goeie ras wees.”
Raad aan boere
Vra ’n mens hom oor sy raad aan boere in die uitdagende tye waarin die landboubedryf hom bevind, is sy antwoord:
“Eertens: Moenie jou te veel aan die politici stuur nie. Hulle het ’n agenda en dit is om hul posisies te beskerm en stemme te werf. Wat hulle sê, is nie altyd die werklikheid nie.”
Tweedens meen hy boere moet positief bly ongeag die toestande. “Moet jou nie met negatiewe mense omring nie.”
Verder, sê hy, moet ’n landbouer met die vee of gewasse boer waarvoor hy lief is en waarvan hy die meeste kennis het. “As jy dit doen, sal jy suksesvol wees.”
Charl sê dit is vierdens belangrik dat boere kundiges se kennis tap. “Raadpleeg die rasdirekteurs by telersgenootskappe en onafhanklike konsultante. Hulle het gewoonlik ’n leeftyd se kennis en ervaring.”
Laastens is sy raad om toegewyd in geloof te leef: “Op jou knieë kom jy baie ver. Vertrou op die Here.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie