Chaos ná lorrie se remme weier
Evany van Wyk- Metjestraat in die hoofstad was Maandag omstreeks 08:00 in chaos gedompel toe ’n vragmotor, waarvan die remme onklaar geraak het, die straat versper het.
Die bestuurder van die vragmotor, mnr. Nicki Rossouw (32), het aan die polisie gesê hy het by die kruising by Metje- en Dr. Kenneth David Kaundastraat stilgehou.
Volgens hom het ’n pyp gebars toe hy wou wegtrek, en die vragmotor se brieke wou nie werk nie.
Die vragmotor het toe agteruit begin rol.
“Ek het die remme getrap, maar dit was vergeefs,” het Rossouw gesê.
Hy wou verhoed dat die vragmotor by die kruising van Metjestraat en Nelson Mandelaweg inbeweeg en het probeer om dit tot stilstand te bring.
Die vragmotor se sleepwa het teen ’n huis se buitemuur gebots voor die vragmotor geknipmes het en dwarsoor die pad tot stilstand gekom het.
Die lorrie, wat ’n vrag van sowat 10 ton gedra het, het ’n buitemuur en ’n kragpaal getref.
Die eienaar van die huis is tans op Swakopmund, maar mnr. Gunther Matzner, wat die huis oppas, het Republikein te woord gestaan.
“Ons wou juis opknapwerk laat doen, so die tydsberekening was nie sleg nie,” het hy gesê.
Volgens hom het Rossouw die lorrie goed beheer.
“Dit kon baie erger gewees het, veral as die vragmotor met ander voertuie gebots het, of in die kruising beland het,” het hy gesê.
Geen ander voertuie of mense is in die ongeluk beskadig of beseer nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie