Chani skitter in Frankryk

Yandi Du Plessis
Namibië se Mej. Supranasionaal, Chanique (Chani) Rabe, het Saterdag na Cannes in Frankryk vertrek om die 2021 MIPCOM-fees, die wêreld se grootste vermaaklikheidsinhoudmark, by te woon. Sy het Sondagaand haar eerste verskyning op die pienk tapyt vir die wêreldpremière-vertoning van Around the World in 80 Days gemaak. Sy het gister ’n spesiale fotogeleentheid by die Palais des Festivals-konferensiesentrum bygewoon en vandag besoek sy al die stalletjies. Sy oorhandig môreaand die Diversify and Inclusion-toekenning. Foto Stepani Cardinale/Arnold Jeroki

Kommentaar

Republikein 2022-12-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer